Pous Deusdedit

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Deusdedit
Papa Adeodato I.jpg
Pontifikaat begin 19 Oktober 615
Pontifikaat eindig 8 November 618
Voorganger Bonifatius IV
Opvolger Bonifatius V
Gebore
Sterf 8 November 618
Rome, Italië

Deusdedit (ook Adeodatus I genoem) was die 68ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Deusdedit word ook Pous Adeodatus I genoem en in die geval word Pous Adeodatus aangedui as Pous Adeodatus II. Sy pa was 'n onderdiaken met die naam Stephanus. Op 19 Oktober 615 volg hy Pous Bonifatius IV op en regeer tot sy dood op 8 November 618. Hy word opgevolg deur Pous Bonifatius V. Die naam ‘Deusdedit’ beteken 'deur God gegewe'. Die naam Adeodatus beteken dieselfde. Die name is variante.

Pontifikaat[wysig]

Tydens die pontifikaat van Pous Deusdedit, was daar relatiewe vrede tussen die Lombarde onderling en die gebiede wat hulle verower het. Daar ontstaan egter 'n intoleransie teenoor die Bisantynse Ryk en in Napels het Johannes van Compsa onafhanklikheid van die keiser geëis, maar is gou onderdruk deur keiser Heraclius.

Die pous is bekend vir sy goeie werke en meelewe met die volk. Hy het huis- en siekebesoek gedoen. In 616 het die pes (ander bronne gee melaatsheid) uitgebreek en 'n aardbewing het baie huise verwoes. Die pous het van sy rykdom geskenk om die nood te verlig.

Volgens oorlewering is hy die eerste pous wat van lood seëls gebruik gemaak het om sy korrespondensie te verseël. Een van die seëls (in Latyn: bullae) van die pous waarin die hy afgebeeld word tussen sy skape met die Alfa en die Omega onderaan, het bewaar gebly. Die "bullae" het aanleiding gegee tot die gebruik van die naam "Pouslike bul" vir 'n offisiële kommunikasie van die pous.

Daar word vermoed dat die pous aan die pes gesterf het.

Verering[wysig]

Pous Deusdedit word in die Rooms-Katolieke Kerk as heilige vereer. Sy feesdag is op 8 November.

Bibliografie[wysig]

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
  • Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
  • Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.

Eksterne skakels[wysig]

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)

Nota[wysig]

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Bonifatius IV
Pous (Pontifex Maximus)
615618
Opgevolg deur:
Bonifatius V


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Moderne Teenpouse