Pous Sergius I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Sergius I
Sergius I.jpg
Pontifikaat begin 15 Augustus 687
Pontifikaat eindig 8 September 701
Voorganger Konon
Opvolger Johannes VI
Gebore
Sterf 8 September 701
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Sergius

Sergius I was die 84ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Sergius I is van Siriese afkoms gebore in Palermo, Sisilië of in Antiogië. Sy pa was Tiberius. Op 15 Augustus 687 volg hy Pous Konon op na slim intriges teen Teenpous Paschalis en Teenpous Theodorus en regeer tot sy dood op 8 September 701. Hy word opgevolg deur Pous Johannes VI. Die naam ‘Sergius’ beteken 'Dienskneg'.

Pontifikaat[wysig]

Die eksarg van Ravenna is deur Paschalis omgekoop om hom as teenpous aan te stel. Paschalis het egter nie betaal nie en die goewerneur het toe Pous Sergius I erken en die geld van hom afgepers. Ook Theodorus is as teenpous aangestel, maar hy het nie lank gehou nie.

Sergius het in konflik gekom met keiser Justinianus toe die keiser die konsilie van Trullië opgeroep het. Sergius het al die besluite van die konsilie verwerp, waaronder wysiginge aan die selibaat. Die keiser wou Sergius verban, maar dit het nie gewerk nie.

Op 10 April 689 doop hy koning Caedwalla van Wessex in Rome. Hy steun ook Sint Aldhelm, ab van Malmesbury.

Sergius het die Agnus Dei in die mis ingevoer en nuwe feeste ingestel waaronder Maria-Ligmis, Maria-Geboorte, Maria-Hemelvaart en Maria-Boodskap.

Hy het goeie betrekkinge met die Franke onderhou en Willibrordus, die apostel van die Friese, tot biskop gewy. Hy het ook Berhtwald as aartsbiskop van Kantelberg aangestel.

Verering[wysig]

Pous Sergius word as heilige in die Rooms-Katolieke Kerk vereer. Sy feesdag is 8 September.

Bibliografie[wysig]

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
  • Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
  • Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.

Eksterne skakels[wysig]

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota[wysig]

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.


Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Konon
Pous (Pontifex Maximus)
687701
Opgevolg deur:
Johannes VI


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Konstantyn IIPhilippusJohannesAnastasiusChristoforusBonifatius VIIDonus II - Johannes XVIGregoriusSilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IVPaschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIV (Bernard Garnier) - Benedictus XIV (Jean Carrier)Felix V