Prince Alfred Hamlet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Prince Alfred Hamlet
(Prince Alfred's Hamlet)
Ligging van Prince Alfred Hamlet op 'n kaart (Wes-Kaap)
Prince Alfred Hamlet
Prince Alfred Hamlet
Koördinate: 33°18′0″S 19°19′0″O Koördinate: 33°18′0″S 19°19′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Kaapse Wynlande
Plaaslike Munisipaliteit Witzenberg
Stigting 1861
Stigter Johannes Cornelis Goosen
Vernoem na Prins Alfred
Tydsone SAST (UTC+2)

Prince Alfred Hamlet is 'n dorp sowat 10 kilometer noord van Ceres in die Warm Bokkeveld in die Wes-Kaap (Suid-Afrika).

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is op 8 Desember 1861 deur Johannes Cornelis Goosen gestig op die plaas Wagenboomsrivier en vernoem na prins Alfred, die tweede seun van die Britse koningin Victoria, wat 'n jaar tevore 'n besoek aan Suid-Afrika gebring het.

Omgewing[wysig]

Die dorp is 'n terminus van die takspoorlyn van Wolseley via Ceres. Groot hoeveelhede sagte vrugte en aartappels word hiervandaan verspoor. Die dorp staan bekend vir sy vrugteverbouing, wat vinnige nywerheids- en sakeontwikkeling in die begin van die 21ste eeu bevorder het.

Noord van die dorp is die Gydopas wat die dorp met die Koue Bokkeveld verbind.

Sien ook[wysig]