Prins Arthur, Hertog van Connaught en Strathearn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Prins Arthur
Die Hertog van Connaught en Strathearn
Prince Arthur, Duke of Connaught.jpg
Volle naam Arthur William Patrick Albert
Eggenote Prinses Louise Margaret van Pruise
Kinders Margaret, kroonprinses van Swede
Prins Arthur van Connaught
Lady Patricia Ramsay
Huis Sakse-Koburg en Gotha
Vader Albert van Sakse-Koburg en Gotha
Moeder Victoria van die Verenigde Koninkryk
Gebore 1 Mei 1850; Buckingham-paleis, Londen
Oorlede 16 Januarie 1942; Bagshot Park, Surrey

Prins Arthur, die Hertog van Connaught en Strathearn (Arthur William Patrick Albert; 1 Mei 185016 Januarie 1942) was die derde seun en sewende kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha. Hy was van 1911 tot 1916 goewerneur-generaal van Kanada.

As die seun van ’n Britse monarg het hy van geboorte af die titel SKH prins Arthur gehad. Hy het in 1874 die Hertog van Connaught en Strathearn en die Graaf van Sussex geword.

In Suid-Afrika[wysig]

In 1910 het Arthur na Suid-Afrika gereis aan boord van die Balmoral Castle, ’n skip van die Union-Castle-lyn, om die eerste parlement van die nuutgestige Unie van Suid-Afrika te open.[1] Op 30 November 1910 het hy ’n gedenksteen by die Suid-Afrikaanse Nasionale Museum vir Militêre Geskiedenis in Johannesburg gelê ter herdenking aan die Britse soldate wat in die Anglo-Boereoorlog gesterf het.[2]

Van 1912 tot met sy dood in 1942 was Arthur opperkolonel van die Kaapstadse Hooglanderregiment.[3]

Huwelik[wysig]

Op 13 Maart 1879 is Arthur in Sint George-kapel in Windsor-kasteel getroud met prinses Louise Margaret van Pruise, die dogter van prins Friedrich Karl van Pruise. Hulle het drie kinders gehad: Margaret, kroonprinses van Swede, prins Arthur van Connaught en Lady Patricia Ramsay.

Dood[wysig]

Arthur het in 1928 uit die openbare lewe getree en is 14 jaar later, in 1942, op 91-jarige ouderdom in Bagshot Park, Surrey, dood. Hy was die laaste oorlewende seun van koningin Victoria.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]
  1. Cox, Martin. “Union-Castle Line - A brief Company History”. Maritime Matters. URL besoek op 2008-08-28.
  2. The Anglo-Boer War Memorial at the Museum of Military History”. The All at Sea Network. URL besoek op 2008-08-28.
  3. History - Past Royal Connections”. Cape Town Highlanders (Nie-amptelik). URL besoek op 2008-08-28.
  • Scouting Round the World, John S. Wilson, eerste ed., Blandford Press 1959 p. 81

Eksterne skakel[wysig]

Kinders van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk
Kroonprinses VictoriaEdward VIIPrinses Alice, Groothertogin van HesseAlfred, Hertog van Sakse-Koburg en GothaHelena, prinses Christiaan van Sleeswyk-HolsteinPrinses Louise, Hertogin van ArgyllPrins Arthur, Hertog van Connaught en StrathearnPrins Leopold, Hertog van AlbanyBeatrice, prinses Heinrich van Battenberg