Protea

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Protea
Protea lepidocarpodendron x neriifolia
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
Orde: Proteales
Familie: Proteaceae
Subfamilie: Proteoideae
Genus: Protea
L.
Spesies

Sien artikel

Protea verwys na 'n blommegeslag in die familie Proteaceae, bestaande uit 'n groot groep struike en bome wat hoofsaaklik in die Kaapse skiereiland en Suidwes-Kaapland voorkom, hoewel 'n paar soorte ook in die ou Transvaal en Vrystaat aangetref word. Die Proteaceae, wat hulle naam van die veelvormige Griekse god, Proteus, gekry het, spog met ongeveer 300 spesies. Proteas is bekend vir hul prag en rykheid en blom meestal in Wes-Kaapland aan die begin van die winter. Die protea word algemeen erken as Suid-Afrika se nasionale blom en is ook die amptelike embleem van Suid-Afrika se nasionale krieketspan.

Voorkoms[wysig]

Die individuele blomme het almal 'n soortgelyke struktuur, maar is op soveel maniere gegroepeer dat dit 'n wye reeks spesies is. Die blom is gewoonlike 'n hofie omring deur 'n kelkvormige omhulsel van leeragtige skutblare soos in die suikerbos (Protea mellifera); of 'n aar soos in die wilde amandel (Brabieum stellatifolium). Vier kelkblare dra die vier meeldrade, die kroonblaar bestaan uit 'n goudbruin haarkroon. Die Protea het 'n bostandige vrugbeginsel, baie groot stempel en styl, veral merkbaar in die kreupelhout (Leucospernum conocarpodendron).

Voortplanting en Bestuiwing[wysig]

Die vrug is 'n neut wat deur die wind versprei word, of soos in die geval van die wilde amandel, ook deur water. Die blomme word bestuif deur langbekvoëls soos die suikerbekkie.

Uitgesoekte spesies[wysig]

Onder die vele pragtige soorte is die reuse-protea (Protea cynaroides), en die fynblaar serruria of trots van Franschhoek (Serruria florida), die bergroos en die silwerboom waarvan die blomme nie so sierlik soos die glinsterende blare is nie.

  • afdeling protea (die koningsprotea):
  • afdeling leiocephalae (grasveldproteas):
  • afdeling melliferae (suikerbosse)
  • afdeling speciosae (bebaarde proteas):

Terwyl proteas op verskeie plekke rondom die wêreld groei kom hulle prominent in die fynbosgebied van Suid-Afrika voor.

Eksterne skakels[wysig]

'n Groot projek is aan die gang om proteas in Suid-Afrika te katalogiseer, bekend as die Atlasprojek vir Proteas. Heelwat uitstekende afbeeldings van proteas en verwante plante en diere is ook daar te vinde.

Bronne[wysig]