Pseudochromidae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pseudochromidae
Manonichthys splendens
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Pseudochromidae
Subfamilies

Anisochrominae
Congrogadinae
Pseudochrominae
Pseudoplesiopinae

Die Spikkelrûe (Pseudochromidae) is 'n vis-familie wat tot die visorde Perciformes behoort. Die familie bestaan uit vier sub-families:

  • Pseudochrominae
  • Congrogadinae - Die subfamilie was eers geklassifiseer as 'n onafhanklike familie.
  • Anisochrominae - een genus en vier spesies.
  • Pseudoplesiopinae - vyf genera en twintig spesies.

Sub-familie: Pseudochrominae[wysig]

Kenmerke[wysig]

Die sub-familie bestaan uit sewe genera en tagtig spesies waarvan sewe aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Die liggaam is lank met 'n lang dorsale vin en die stertvin is bolrond. Die grootte wissel van 3 - 12  cm.

Habitat[wysig]

Die sub-familie bly in koraal en rots riwwe tot op dieptes van 30 cm. Die genus Pseudochromis lê 'n sak eiers in 'n leë gat of onder 'n oorhang wat deur die mannetjie opgepas word.

Genus[wysig]

Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Pseudochromis
  • Pseudochromis aldabraensis
  • Pseudochromis dutoiti - Dutoiti
  • Pseudochromis kristinae
  • Pseudochromis melas
  • Pseudochromis natalensis

Sub-familie: Congrogadinae[wysig]

Kenmerke[wysig]

Die subfamilie bestaan uit agt genera en twee en twintig spesies waarvan vyf aan die Suid-Afrikaanse kus voorkom. Die lyf, dorsale-en analevinne is lank. Die pektorale vinne is kort en die bekken vinne is klein en ontbreek by party spesies. Die lyf is bedek met klein skubbetjies. Die grootte wissel van 5 – 50 cm.

Habitat[wysig]

Die vis leef in getypoele en sanderige bodems naby riwwe.

Genus[wysig]

Die volgende genus en spesies kom voor aan die Suid-Afrikaanse kus:

  • Halidesmus
  • Halimuraena
  • Halimuraena shakai
  • Natalichthys
  • Natalichthys leptus
  • Natalichthys ori
  • Natalichthys sam

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]