Pula

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Pula

Pula Aerial View.jpg
Kaart Wapen
Lokace-Pula.jpg
Grb Pule (2).svg
Vlag
Zastava Pule.svg
 Land Vlag van Kroasië Kroasië
 Administratiewe gewes Istrië
 Stigting 45 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 51,65 vk km
 Hoogte bo seevlak 30 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 62 080
 - Bevolkingsdigtheid 1 093,27/vk km
 Etniese groepe:  
 - Kroate 71,65%
 - Serwiërs 5,83%
 - Italianers 4,82%
 Tydsone CET (UTC+1)
 - Somertyd CET (UTC+2)
 Amptelike webwerf Grad Pula

Pula (Italiaans: Pola) is 'n stad in die weste van Kroasië langs die Middellandse See. Tot en met 1797 was die stad 'n Venesiaanse besitting en het daarna onder Habsburgs-Oostenrykse bewind gekom. In 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog, is Pula weer by Italië ingesluit. Ná die Tweede Wêreldoorlog is die stad by Joegoslawië ingelyf. Sedert 1991 is die stad in Kroasië geleë nadat dié land sy onafhanklikheid verkry het. In 1946 was nog 90% van die bewoners etniese Italianers, maar die meeste van hulle het na Italië geëmigreer.

Ekonomie[wysig]

Die Hawe van Pula

Skeepsbou is die belangrikste industrie en Pula is die tuiste van Uljanik en Tehnomont, twee groot skeepsbouwerwe.

Toerisme[wysig]

Die Arena van Pula
Tempel van Augustus

Toerisme vorm 'n baie belangrike deel van die ekonomie: die stad het baie ou Romeinse geboue en 'n warm klimaat met 'n groot strand.