QWERTY-sleutelbord

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf QWERTY)
Spring na: navigasie, soek
QWERTY sleutelbord op 'n tipiese skootrekenaar (2007).

QWERTY (uitgespreek /kwerti/) is die Amerikaanse sleutelborduitleg wat vir rekenaarsleutelborde en tikmasjiene gebruik word. Die naam dui op die eerste ses letters op die boonste ry van die sleutelbord (Duitse en Franse sleutelborde het afwykende uitlegte: Terwyl in Duitstalige gebiede 'n QWERTZ-uitleg gebruiklik is, het Franssprekende lande 'n AZERTY-uitleg).

Die QWERTY-ontwerp is deur Christopher Sholes in 1867 gepatenteer en aan Remington in 1873 verkoop, waarna dit eerste in tikmasjiene gebruik is.

Sien ook[wysig]

Die Amerikaanse QWERTY-sleutelborduitleg.