Queens of the Stone Age

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Queens of the Stone Age
QOTSA mg 5853.jpg
V.l.n.r.: Josh Homme, Dean Fertita en Michael Shuman by 'n optrede tydens die Eurockéennes-fees (Julie 2007).
Oorsprong Palm Desert, Kalifornië, (VSA)
Genre(s) Rock
Aktiewe jare 1997 — hede
Uitgewer(s) Universal Music, Interscope
Webwerf www.qotsa.com
Lede Josh Homme
Troy Van Leeuwen
Joey Castillo
Dean Fertita
Michael Shuman
Portal.svg Musiekportaal

Queens of the Stone Age (ook bekend as QOTSA en Queens) is 'n musiekgroep wat in 1997 in Palm Desert, Kalifornië (VSA) tot stand gekom het. Die groep is aanvanklik as Gamma Ray deur Josh Homme gestig en het 'n styl van rifgeoriënteerde swaarmusiek ontwikkel wat Homme as »robot rock« beskryf het. Hy voer aan hy wou 'n swaar klank skep wat op 'n soliede musiekvulsel gebaseer is, en dit net in 'n mens se kop inhamer. Sedertdien het hul klank ontwikkel om 'n verskeidenheid style en invloede te bevat.