Rawsonville

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rawsonville
Ligging van Rawsonville op 'n kaart (Wes-Kaap)
Rawsonville
Rawsonville
Koördinate: 33°41′0″S 19°19′0″O Koördinate: 33°41′0″S 19°19′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Kaapse Wynlande
Plaaslike Munisipaliteit Breedevallei
Bevolking (2001)
 - Stad 1 951
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 6845
Die gebou van die NG gemeente Goudini, op Rawsonville.
Wingerde en die Slanghoek-berge, net buite Rawsonville

Rawsonville is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, 16 km suidwes van Worcester. Volgens die 2001-sensus het die dorp 'n bevolking van 1,951 gehad, waarvan 831 (42,6%) Blankes was[1].

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1858 gestig as 'n kommersiële sentrum vir die Goudinistreek. Goudini is die vervorming van 'n Khoikhoi uitdrukking wat vallei van die bitter heuning beteken. Die nuwe nedersetting is na sir Rawson W Rawson, koloniale sekretaris aan die Kaap (1854-1864), vernoem.

Omgewing[wysig]

Druiwe is die belangrikste produk wat verbou word met verskeie koöperatiewe wynkelders in die omgewing. Die Goudini Spa is ongeveer 6 km van Rawsonville; die water bereik die oppervlakte teen 40 °C.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]