Raymond Buckland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Raymond Buckland
Gebore 31 Augustus 1934
Londen, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State Verenigde State
Ouers Stanley Thomas Buckland
Eileen Lizzie Wells
Beroep skrywer, liturgis en Wicca-priester
Religie Wicca

Raymond Buckland (* 31 Augustus 1934) is 'n Brits-gebore Amerikaanse skrywer van fiksie en nie-fiksie, 'n liturgis en Wicca-priester. Volgens sy geskrewe werke was hy die eerste persoon in die VSA wat openlik toegegee het dat hy 'n beoefenaar van Wicca is.

In 1963 het sy eerste en enigste ontmoeting met Gerald Gardner plaasgevind wat aan hom die beginsels van Gardneriaanse Wicca uiteengesit het. In die volgende jaar het hy Gardneriaanse Wicca in die VSA ingevoer, maar het later sy eie tradisie ontwikkel wat as Seax-Wicca bekend staan - sonder om sy oorspronklike Gardneriaanse eed te verbreek. Buckland het as spreker by Nieu-Heidense vergaderings en ander gebeurtenisse opgetree.

Biografie[wysig]

Buckland is op 31 Augustus 1934 in Londen (Verenigde Koninkryk) gebore. Hy is van Roma-afkoms en het in die Anglikaanse Kerk grootgeword. Toe hy omstreeks twaalf jaar oud was, het hy begin om in spiritualisme en okkultisme belang te stel.

Hy is by die King's College in Londen opgelei en het tussen 1957 en 1959 in die Koninklike Britse Lugmag (Royal Air Force) gedien. Saam met sy vrou Rosemary het hy in 1962 na die VSA geëmigreer en hom in Long Island in die deelstaat New York gevestig. Hy woon tans op 'n plaas in Wooster (Ohio) waar hy nog steeds skryf.

Bibliografie[wysig]

Ray Buckland is die skrywer van talle boeke wat okkulte onderwerpe en heksery behandel. Sy bekendste werk is Buckland's Complete Book of Witchcraft wat vir die eerste keer in 1986 verskyn het. Ander werke sluit in:

  • Witchcraft: Yesterday and Today Video
  • Buckland's Complete Book of Witchcraft
  • La Verdad Sobre la Comunicación con los Espíritus
  • Gypsy Dream Dictionary
  • Witchcraft DVD: Rebirth of the Old Religion
  • Practical Candleburning Rituals: Spells & Rituals for Every Purpose
  • Advanced Candle Magick: More Spells and Rituals for Every Purpose
  • Rituales prácticos con velas
  • Scottish Witchcraft: The History and Magick of the Picts
  • Cardinal's Sin: Psychic Defenders Uncover Evil in the Vatican
  • Wicca: Practicas y principios de la brujeria
  • Witchcraft From the Inside: Origins of the Fastest Growing Religious Movement in America
  • El lenguaje de las monedas: Adivinación, fortuna y amor
  • Signs, Symbols & Omens: An Illustrated Guide to Magical & Spiritual Symbolism
  • The Committee
  • Cards of Alchemy
  • Buckland's Book of Spirit Communications
  • Color Magick (Closed): Unleash Your Inner Powers
  • Witchcraft from the Inside (1971)
  • Practical Candleburning Rituals (1974)
  • Tree the Complete Book of Saxon Witchcraft (1974)
  • Amazing Secrets of the Psychic World (1975)
  • The Anatomy of the Occult (1977)
  • The Magick of Chant-O-Matics (1978)
  • Buckland's Complete Book of Witchcraft (1986)
  • Rituales Practico Con Velos (1988)
  • Secrets of Gypsy Love Magick (1990)
  • Secrets of Gypsy Dream Reading (1990)
  • Scottish Witchcraft (1991)
  • Ghosts, Hauntings and Possessions (1991)
  • Esp, Witches, and Ufos (1991)
  • The Book of African Divination (1992)
  • Practical Color Magick (1993)
  • Doors to Other Worlds (1993)
  • The Committee (1993)
  • The Buckland Gypsies' Domino Divination Deck/Domino Cards (1995)
  • Witchcraft from the Inside (1995)
  • Advanced Candle Magick (1996)
  • Secrets of Gypsy Fortune Telling (1996)
  • Gypsy Witchcraft & Magic (1998)
  • Gypsy Dream Dictionary (1999)
  • Gypsy Fortune Telling & Tarot Reading (1999)
  • Coin Divination (2000)
  • Wicca (2001)
  • The Buckland Romani Tarot (2001)
  • Color Magick (2002)
  • The Witch Book (2002)
  • Wicca for Life (2003)
  • Cards of Alchemy (2003)
  • Signs, Symbols & Omens (2003)
  • The Fortune-Telling Book (2004)
  • Wicca For One (2004)
  • The Spirit Book: The Encyclopedia of Clairvoyance, Channeling, and Spirit Communication (2006)

Verwysings[wysig]

Oorspronklike artikel

Bronliteratuur

Eksterne skakels[wysig]