Reddersburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Reddersburg
Ligging van Reddersburg op 'n kaart (Vrystaat)
Reddersburg
Reddersburg
 Reddersburg se ligging in Vrystaat
Koördinate: 29°39′S 26°10′O Koördinate: 29°39′S 26°10′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Xhariep
Munisipaliteit Kopanong
Stigting 1861
Oppervlak[1]
 - Dorp 20,1 km²  (7,8 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 4 886
 - Digtheid 243/km² (629,4/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 85.7%
 • Kleurling 2.8%
 • Indiër/Asiër 0.3%
 • Blank 10.9%
 • Ander 0.3%
Taal (2011)[1]
 • Sotho 65.7%
 • Xhosa 15.7%
 • Afrikaans 14.0%
 • Gebare 1.7%
 • Ander 2.8%
Poskode (straat) 9904
Poskode (posbus) 9904
Skakelkode(s) 051

Reddersburg is 'n dorp in die sentrale deel van die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is oos van Edenburg, wes van Dewetsdorp, en 60 km suid van Bloemfontein.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp het ontstaan as 'n NG Gemeente op die plaas Vlakfontein wat op 20 Augustus 1859 vir die doel aangekoop was vir ₤1 500. Die dorp is twee jaat later uitgelê en Reddersburg genoem - na die Heiland. In 1894 het die munisipaliteit die beheer van die dorp by die kerk oorgeneem.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 500 km2 groot en skaapboerdery en leeglê is die belangrikste. Die N6 nasionale pad gaan deur die dorp.

Tweede Vryheidsoorlog[wysig]

Generaal Christiaan de Wet het 'n hele Britse kolonne hier gevange geneem nadat sy Britse eweknie William Forbes Gatacre traag was om te reageer.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Reddersburg en Matoporong tydens die 2011-sensus.

Eksterne Skakels[wysig]

Vrystaat Toerisme