Regardt van den Bergh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Regardt van den Bergh
Geboorte 2 September 1952
Johannesburg
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur
Rolprentregisseur
Draaiboekskrywer
Amptelike
webwerf
regardtvandenbergh.com
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Regardt van den Bergh (gebore 2 September 1952) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer.[1]

Biografie[wysig]

Van den Bergh is op 2 September 1952 in Johannesburg, Suid-Afrika gebore. Hy begin sy skoolloopbaan by Laerskool Louw Geldenhuis en matrikuleer te Hoërskool Linden.

Sy ouers, Gert van den Bergh en Dulcie van den Bergh was beide bekende akteurs in eie reg. Hy was met die aktrise Jana Cilliers getroud. Twee dogters, Lika en Leán is uit die huwelik gebore.

Filmografie[wysig]

Akteur — film en televisie
Jaar Titel Rol Genre Notas
1968 Die Kandidaat Kallie drama
1971 Plekkie in die son Die dokter drama
1975 Eendag op 'n Reëndag Paul roman
1979 Wat Jy Saai dr. Fritz Krynauw drama
1979 Elsa se Geheim drama
1981 Blink Stefaans Fanus en Blink Stefaans komedie
1992 Die Storie van Klara Viljee Dawid die skoolhoof drama
1997 Mandela and de Klerk Magnus Malan drama TV-film
Regisseur — film
Jaar Titel Genre Notas
1984 Boetie gaan border toe komedie
1984 Vyfster drama TV-reeks
1990 Circles in a Forest drama
1992 The Sheltering Desert drama/avontuur-film
2006 Faith Like Potatoes drama
2008 Hansie Familie/sports-film
2010 League of Glory TV-reeks
2010 Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom Familie/avontuur-film
2013 Klein Karoo Romantiese komedie
Toekomstige
vrystelling
Verskietende ster Drama

Verwysings[wysig]

  1. "van den Bergh, Regardt". British Film Institute: Film- en TV-databasis. Besoek op 15 Augustus 2010.

Eksterne skakels[wysig]