Rem-vlinderrog

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rem-vlinderrog
'n Naverwante soort
Bewaringstatus
Gebrekkige data (IUBN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Klas: Chondrichthyes
Subklas: Elasmobranchii
Orde: Myliobatiformes
Familie: Gymnuridae
Genus: Gymnura
Spesie: G. natalensis
Binomiale naam
Gymnura natalensis
(Gilchrist & W. W. Thompson, 1911)

Die Rem-vlinderrog (Gymnura natalensis) is 'n haai wat endemies is aan Suider-Afrika, en wat voorkom van die kus van Namibië tot by die suidkus van Mosambiek. In Engels staan die haai bekend as die Diamond butterfly ray.

Voorkoms[wysig]

Die kop, lyf en pektorale vinne gee die haai 'n diamantvormige voorkoms. Die oë is aan die bokant van die lyf en vyf pare kieue aan die onderkant. Die stertjie is kort en die haai het geen dorsale of stert vinne nie. Die haai se kleur wissel van grys, na bruin of selfs groen aan die bokant terwyl daar ook dowwe kolle op die bokant is. Die kleur van die haai pas gewoonlik aan by sy habitat.

Habitat en gewoontes[wysig]

Hierdie haai toon 'n voorliefde vir strandmere, riviermondings en sanderige areas en kom nie voor in water van dieper as 75 m nie. Hulle kan tot 2.5 m groot word van vlerkpunt tot vlerkpunt en weeg dan 90 kg. Die haai is vivipaar en 5 - 10 kleintjies word gebore na 'n dratyd van 12 maande. Die haai is eetbaar, maar word gewoonlik teruggegooi in die see.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]