Republiek van Weimar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Weimarer Republik
Republiek van Weimar
Flag of the German Empire.svg
1918 – 1933 Flag of the NSDAP (1920–1945).svg
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Volkslied: Das Lied der Deutschen
Ligging of Duitse Ryk
Ligging van die Republiek van Weimar
Hoofstad Berlyn
Taal/Tale Duits
Regering Republiek
President Friedrich Ebert (1918-1925)
Paul von Hindenburg (1925-1934)
Geskiedenis
 - Stigting 9 November 1918
 - Ontbinding 30 Maart 1933
Oppervlakte
 - 1925 468 787 km2
181 000 sq mi
Bevolking
 - 1925 skatting 62 411 000 
     Digtheid 133,1 /km² 
344,8 /sq mi
Geldeenheid Mark (ℳ), coll. Papiermark (1919-1923)
Duitse Rentenmark (1923-1924)
Reichsmark (ℛℳ) (1924–1933)
Kaart van die Republiek van Weimar

Die historiese term Republiek van Weimar verwys na die demokratiese fase van die Duitse Ryk tussen 1918/19 en 1933. Hierdie tydperk het begin met die November-rewolusie en die proklamasie van 'n republiek op 9 November 1918 asook die afkondiging van die Grondwet van Weimar op 11 Augustus 1919.

Die Republiek van Weimar was 'n demokratiese federale staat, sy regeringstelsel het presidensiële en parlementêre elemente behels. Sy naam is afgelei van die Thuringiese stad Weimar, die plek waar die Nasionale Grondwetlike Vergadering byeengekom het om die eerste Duitse republiek op nasionale vlak in die lewe te roep.

Met die benoeming van Adolf Hitler as rykskanselier op 30 Januarie 1933 en die oprigting van die Nasionaal-sosialistiese diktatuur het die demokratiese Republiek van Weimar tot 'n einde gekom.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: