Revierderby

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Schalke 04 - Borussia Dortmund in 2009.

Die Revierderby is 'n derby tussen die twee gewildste spanne in die Duitse Ruhrgebiet: Borussia Dortmund (uit Dortmund) en FC Schalke 04 (uit Gelsenkirchen). Hulle mededinging gaan terug tot 1925, toe die spanne vir die eerste keer teen mekaar speel het.

Die naam[wysig]

Die naam Revierderby beteken letterlik streekderby (wat gesien die betekenis van die woord derby 'n pleonasme is), aangesien Revier in die Duits streek of omgewing beteken. Die term Revierderby word aanvanklik gebruik vir alle derbies in die Ruhrgebiet, maar sedert Schalke teen Dortmund die strafste derby is, word die naam net gebruik vir hierdie derby. Andere wedstryde tussen spanne uit die Ruhrgebiet sal Kleines Revierderby genoem word.

Die wedstryd[wysig]

Schalke 04 het ampel meer derbies gewen dan Borussia Dortmund. Beide spanne het sewe keer die , maar Dortmund het acht keer die Duitse sokkerkampioenskap gewen en die UEFA Champions League (in 1997) gewen, terwyl Schalke net sewe Duitse kampioenskappe en die UEFA Beker (ook in 1997!) het gewen.