Rivier-snapper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rivier-snapper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Familie: Lutjanidae
Genus: Lutjanus
(Bloch, 1790)[1]
Spesie: L. argentimaculatus
Binomiale naam
Lutjanus argentimaculatus
(Forsskål, 1775)[2]
Sinonieme
  • Alphestes gembra (Bloch & Schneider, 1801)[3]

Die Rivier-snapper (Lutjanus argentimaculatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Jeffreysbaai. In Engels staan die vis bekend as die River snapper.

Voorkoms[wysig]

Die vis is groenerig tot rooibruin aan die rugkant en rooierig silwer aan die onderkant. Spesies uit varswater of standmere is gewoonlik donkerder as spesies uit die see. Die rante van die skubbe is silwerig. Die onvolwasse visse het twee blou strepe onder die oë. Die vis word tot 1.2 m lank en weeg dan ten minste 16 kg.

Habitat[wysig]

Die vis leef in rots en koraalriwwe tot in water wat 120 m diep is. Die onvolwasse visse leef in strandmere en ook in varswater. Die vis is 'n roofvis en vreet visse en skaaldiere. Hulle broei in die lente en somer weg van die kus. Dit is 'n goeie eetvis.

Sien ook[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Bloch M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlyn. Naturg. Ausl. Fische v. 4. i-xii + 1-128.
  2. BioLib (en)
  3. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel[wysig]