Robbie Klay

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Robbie Klay
Geboorte 20 Junie 1986
Pretoria, Suid-Afrika
Beroep(e) Sanger, akteur
Genre(s) Pop, country
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 1997 - 2011
Webwerf robbieklay.com
Portal.svg Musiekportaal

Robbie Klay is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Hy sing al van vyfjarige ouderdom en sy eerste album, Kan 'n man dan nie, is uitgereik toe hy slegs 9 jaar oud was. Sy debuut as akteur was in die Afrikaanse TV-drama "Amalia", waar hy die rol van Buks van Wyk, Amalia se seun vertolk het. Hy het ook al op verskeie aktualiteitsprogramme soos Kwela, Geraas, Voorblad en KTV verskyn.

Biografie[wysig]

Robbie Klay is op 20 Junie 1986 in Pretoria, Suid-Afrika gebore. Hy studeer kuns en drama by die Pro Arte Hoërskool in Pretoria. In 2003 voltooi hy 'n dramakursus aan die Technikon Pretoria en in 2007 'n verdere dramakursus van TVI Actors Studio in Los Angeles, Kalifornië.

Sy buite-egtelike dogtertjie, Jaydhen, is gebore toe hy slegs 15 jaar oud was. Hy het aanvanklik vaderskap van die kind ontken, totdat mediese toetse later bevestig het dat hy wel die pa is.[1]

Klay het in 2008 'n saak van seksuele molestering teen medesanger Jurie Els aanhangig gemaak[2]. In sy finale uitspraak het regter Chris Eksteen Klay se getuienis as onvoldoende afgemaak en Els vrygespreek[3]. Regter Eksteen het Klay as 'n "patetiese getuie" bestempel en gesê dat Klay "kleigetrap' het en die hof mislei het deur leuens en halwe waarhede aan die hof voor te hou. In September 2010 het Naledi Uitgewers Jurie Els se outobiografie "Ver van Vrede" uitgegee. Een derde van die boek is aan die hofsaak afgestaan en Els haal direk uit die amptelike hooggeregshofrekord aan.

In Desember 2010 word Klay 'n tweede keer pa nadat hy 'n 15-jarige skoolmeisie swanger gemaak het terwyl hy nog aan die model Laetitia Bouwer verloof was. Die poniepers berig een of twee keer hieroor (o.a. Huisgenoot wat 'n eksklusiewe onderhoud met 'n ontnugterde Bouwer voer). Die SA publiek se reaksie op die tweede buite-egtelike baba en die minderjarigheid (15) van die moeder, sowel as Klay se ontrou teenoor sy verloofde, maak die wêreld warm vir die 24-jarige sanger. Hy verdwyn uiteindelik grootliks van die SA-musiektoneel nadat sy album "Amazing" nie die winkelrakke haal nie.

Diskografie[wysig]

Sy albums:

  • Kan 'n man dan nie (1997)
  • My Naam Is Robbie (1998)
  • Tokolosh (1999)
  • Treffers (1999)
  • Ek hou van jou (2000)
  • Ra Ta Ta (enkelspeler, 2003)
  • Iko iko...net vir jou! (2003)
  • Treffers (1997-2003)
  • Nuwe Dag (2005)
  • Hier by my (2006)
  • Collections (2007)
  • Hier by my...
  • Ek is hier... (2008)
  • Amazing (2011)

Verwysings[wysig]

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]