Robert Jacob Gordon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Robert Jacob Gordon in 1780

Kolonel Robert Jacob Gordon (Doesburg, Nederland, 29 September 1743 - Kaapstad, 25 Oktober 1795) was soldaat, verkenner en stigter van die Suid-Afrikase merinobedryf.

Hy is gebore van Skotse ouers en het diens gedoen in die Skotse regiment onder bevel van kolonel Dundas. Gordon land op 1 Junie 1777 in die Kaap as tweede-in-bevel van die garnisoen. Hy onderneem kort daarna sy eerste reis en bereik in Augustus 1779 'n rivier noord van die kolonie waar hy die Hollandse vlag hys en dit die Oranjerivier noem, ter ere van die Nederlandse vors. Dit was sowat 17 jaar na Jacobus Coetsee die eerste kolonis geword het wat die rivier bereik het.

Gordon besoek die Oos-Kaapse grens saam met goewerneur Joachim van Plettenberg en word in 1780 bevelvoerder van die Kaapse garnisoen.

Hy het die eerste merinostoet na die Kaap ingevoer.

Toe die Britte die Kaap in 1795 aanval, beleef Gordon 'n senu-ineenstorting en pleeg na die oorgawe selfmoord op 25 Oktober 1795.

Bron[wysig]

  • Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Cape Town, 1978.
  • Cullinan, Patrick: Robert Jacob Gordon 1743-1795. The man and his travels at the Cape. Kaapstad: Struik Winchester, 1992 ISBN 0-947430-33-4