Roma

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Roma
Flag of the Romani people.svg
Totale bevolking: tussen 2 en 12 Miljoen[1][2][3]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Verenigde State Verenigde State 1 000 000[4] (0,32%)

Vlag van Brasilië Brasilië 800 000[5] (0,41%)
Vlag van Spanje Spanje 650 000[6] (1,62%)
Vlag van Roemenië Roemenië 619 007[7] (3,25%)
Vlag van Turkye Turkye 500 000[8] (0,72%)
Vlag van Frankryk Frankryk 500 000[9] (0,79%)
Vlag van Bulgarye Bulgarye 370 908[10] (4,67%)
Vlag van Hongarye Hongarye 205 720[11] (2,02%)
Vlag van Griekeland Griekeland 200 000[12] (1,82%)
Vlag van Slowakye Slowakye 189 920[13] (1,71%)
Vlag van Rusland Rusland 182 766[14] (0,13%)
Vlag van Serwië Serwië 147 604[15] (2,05%)
Vlag van Italië Italië 130 000 (0,22%)
Vlag van Duitsland Duitsland 120 000[16] (0,15%)
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 90 000[17] (0,15%)
Flag of the Republic of Macedonia Republiek van Macedonië 53 879[18] (2,85%)
Vlag van Meksiko Meksiko 53 000[19] (0,05%)
Vlag van Swede Swede 50 000 - 100 000[20]
Vlag van Oekraïne Oekraïne 47 587[21] (0,098%)
Vlag van Portugal Portugal 30 000 - 50 000 (0,3%)

Taal: Streekstale, Romani
Geloofsoortuiging: Christendom

(Rooms-Katolieke Kerk, Oosters-Ortodokse Kerk, Protestantisme)
Islam[22]

Verwante etniese groepe: Dom, Lom, Domba en ander Indo-Ariërs

Roma is 'n sambreelterm vir 'n aantal etnies verwante groepe wat oorspronklik uit Indië afkomstig is en vanaf die 14de eeu in meerdere migrasiegolwe via Suidwes-Asië na Noord-Afrika en Europa, in die moderne tyd ook na Amerika en Australië gemigreer het.

Roma word as etnies-kulturele minderheid op alle vastelande aangetref, alhoewel die meerderheid in Europa en hier veral in Suidoos-Europese en enkele Sentraal-Europese lande asook in Spanje en Portugal leef. In Duitssprekende gebiede word na hierdie etniese groepe meestal as "Sinti en Roma" verwys.

Hul gemeenskaplike taal is Romani of Romanes, met 'n groot verskeidenheid dialekte.

Baie lede van die minderheid word sowel vanweë hulle etniese afkoms asook hulle sosiale situasie gemarginaliseer. So word ook die term Sigeuner as neerhalend ervaar.

Taal[wysig]

Die vermoedelike migrasie van Roma na Europa
Roma-bevolking volgens Europese lande: ██ 0% ██ 5% ██ 10%
Jong Hongaarse Roma voer 'n tradisionele dans op
Spaanse Roma, die sogenaamde Kalé of Gitanos, het as bekwame musikante en dansers groot invloed op die Andalusiese flamenco-dans uitgeoefen

Na die taal van Roma, romaňi čhib, word internasionaal en veral in Angel-Saksiese lande meestal as Romani, in die Duitse taalgebied ook as Romanes verwys. Romani is verwant aan Sanskrit en toon ooreenkomste met Sentraal- en Noordwes-Indiese tale. Volgens die ontstaansgeskiedenis van die basiese woordeskat en die grammatikale stelsel, maar ook volgens sy fonologie is Romani 'n Nieu-Indo-Ariese en dus Indo-Europese taal wat sedert meer as 800 jaar onafhanklik van die Indiese tale ontwikkel het, waarvan sedert minstens 700 jaar in Europa.

Godsdiens[wysig]

Elemente uit verskillende periodes van die godsdienstige lewe in Indie en Ou-Persië kom nog steeds in die huidige religieuse voorstellings en geloofspraktyke van Roma voor.

Die geloof van Roma korrespondeer in 'n groot mate met die omgewende meerderheidsgodsdiens. So is die meeste Lowara-Roma Rooms-Katolieke en leef in tradisioneel Katolieke lande soos Oostenryk en Hongarye. Duitse Roma is eweneens merendeels Rooms-Katolieke, selfs in oorwegend Protestantse landsdele. In Oos-Europa is daar Ortodokse Kalderasj en Goerbet in Masedonië en Serwië asook Islamitiese Arlije in Masedonië, Albanië en Turkye. In Bulgarye is 39,2 persent van die Roma-bevolking Moslems.[23]

Die meeste van hierdie Islamitiese Roma praat die taal van hul Turkse geloofsbroeders - hulle is 'n belangrike faktor van Islam in Bulgarye. Opvallend by Bulgaarse Roma is hulle sinkretistiese tendense - dit wil sê daar kan 'n vermenging van Christelike en Islamitiese geloofspraktyke aangewys word.[24]

In die afgelope dekades het ook vrye Christelike kerke, veral uit die Pinksterbeweging, sendingwerk in Roma-gemeenskappe gedoen.

Rooms-Katolieke Roma vereer die Swart Sara as hulle beskermheilige. In die Suid-Franse kusdorp Saintes-Maries-de-la-Mer in Camargue vind jaarliks 'n groot vergadering van Roma-gesinne ter ere van dié beskermheilige plaas. Hierdie byeenkoms staan tradisioneel as "Sigeuner-pelgrimstog" bekend en het lankal 'n toeristetrekpleister geword.

Musiek[wysig]

Musiek is diep gewortel in die Roma-kultuur en speel dus 'n belangrike rol in die alledaagse lewe van Roma. So staan musikale opvoerings gewoonlik ook tydens feeste sentraal. Van oudsher het baie Roma as professionele musikante in hul lewensonderhoud voorsien en elemente uit die omgewende meerderheidskultuur met hul eie musikale tradisies vermeng. Hieruit het 'n groot verskeidenheid plaaslike musiekstyle en instrumentasies voortgespruit.

In Spanje, veral die suidelike gewes Andalusië, het die Kalé of Gitanos groot invloed op die ontwikkeling van die plaaslike flamenco-dans uitgeoefen. Roma-musikante soos Manitas de Plata het danksy hul flamenco-musiek internasionaal bekendheid verwerf. Die Franse Sinto Django Reinhardt het as jazz-musikant sukses behaal.

Die lied Djelem, djelem is tot volkslied van alle Roma verklaar.

Verwysings[wysig]

  1. Rom”. Encyclopædia Britannica Online. URL besoek op 2010-09-15.
  2. Online version”. URL besoek op 2010-09-15.
  3. "EU demands action to tackle Roma poverty", BBC News, 2011-04-05.
  4. Webley, Kayla (13 Oktober 2010). “Hounded in Europe, Roma in the U.S. Keep a Low Profile”.
  5. Falta de políticas públicas para ciganos é desafio para o governo”. R7: 2011. URL besoek op 2012-01-22.
  6. The Situation of Roma in Spain”. (PDF) Open Society Institute: 2002. URL besoek op 2010-09-15.
  7. Census 2011 in Romania - [1] However various organizations claim 2 million gypsies in Romania. See [2]
  8. Roma rights organizations work to ease prejudice in Turkey”. EurasiaNet: 22 Julie 2005. URL besoek op 2010-09-15.
  9. Situation of Roma in France at crisis proportions”. EurActiv Network: 7 Desember 2005. URL besoek op 2010-09-15.
  10. Population By Districts And Ethnic Group As Of 01.03.2001”. 05.01.2004. URL besoek op 2010-09-15.
  11. Population by national/ethnic groups”. Hungarian Central Statistical Office. URL besoek op 2010-09-15.
  12. The Romani population in Greece is officially estimated at 200,000.”. Hellenic Republic National Commission For Human Rights. URL besoek op 2010-09-15.
  13. Census 2001 in Slovakia
  14. National Composition Of Population And Citizenship”. (Excel) perepis2002.ru. URL besoek op 2010-09-16.
  15. http://webrzs.stat.gov.rs/WebSite/userFiles/file/Aktuelnosti/Prezentacija_Knjiga1.pdf
  16. [3] Berlin-Institut für Bevölkerung und Entwicklung: Roma in Deutschland
  17. [4] Ethnologue.com
  18. The 2002-census reported 53,879 Roma and 3,843 'Egyptians'”. Republic of Macedonia, State Statistical Office. URL besoek op 2010-09-17.
  19. Catemaco gypsies”. Catemaco.info. URL besoek op 2013-03-12.
  20. Sametingen. Information about minorities in Sweden
  21. State statistics committee of Ukraine - National composition of population, 2001 census
  22. Gall, Timothy L. (ed). Worldmark Encyclopedia of Culture & Daily Life: Vol. 4 - Europe. Cleveland, OH: Eastword Publications Development (1998); bl. 316, 318.
  23. Verein Museum europäischer Kulturen - Inge Seiwert: Feiern und Fasten bei Christen und Muslimen in Bulgarien
  24. Elena Marushiakova, Vesselin Popov: The Relations of Ethnic and Confessional Conciousness of Gypsies in Bulgaria