Roodeplaatdam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Roodeplaatdam
Roodeplaatdamwal in 2005.
Roodeplaatdamwal in 2005.
Amptelike naam Roodeplaatdam
Land Gauteng, Suid-Afrika
Ligging Noordoos van Pretoria
Koördinate 25°37′15.8″S 28°22′19″O
Doel Besproeiing
Openingdatum 1959
Eienaar Departement van Waterwese
Soort dam Boogdam
Hoogte 28.3 m
Lengte
Bakmaat 40 miljoen m3
Dam op Pienaarsrivier

Die Roodeplaatdam is geleë in die Pienaarsrivier, ongeveer 20 km noordoos van Pretoria. Die dam is in 1959 voltooi. Die wal is 143 m lank en 28.3 m hoog. Die dam het 'n bakmaat van 40 miljoen m3 en 'n oppervlakte van 403ha.

Die dam was oorspronklik 'n bespoeiingsdam, maar het deesdae 'n gewilde ontspanningsplek vir Pretorianers geword. Watersport wat by die dam beoefen word is hengel, kragbootry, waterski en kanovaart.

Watergehalte[wysig]

Roodeplaatdam se opvangsgebied lê in 'n groot gedeelte van die vinnig-ontwikkende Stad Tshwane, insluitend natuurlik Pretoria. Twee rioolbehandelingswerke laat gesuiwerde afvloei deur na die dam, wat tot hoë vlakke van eutrofikasie lei, soortgelyk aan dié wat in die Hartbeespoortdam sedert die 1970's ondervind is, en het nog steeds nie verbeter nie.[1] Gevolge van eutrofikasie behels geweldige alg- en sianobakterie-oorgroei, en digte plate waterhiasint (Eichhornia crassipes) vorm ook vinnig.

Waterhiasint
Waterhiasint vanaf die watertoring gesien

Die Departement van Waterwese se Direktoraat Bronkwaliteitsdienste is op die kant naby die wal van die Roodeplaatdam geleë. [2] Hierdie afdeling is vir die nasionale monitering van alle oppervlak-waterbronne in Suid-Afrika verantwoordelik.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Van Ginkel CE, Silberbauer MJ. Temporal trends in total phosphorus, temperature, oxygen, chlorophyll a and phytoplankton populations in Hartbeespoort Dam and Roodeplaat Dam, South Africa, between 1980 and 2000. African Journal of Aquatic Science 32. 2007;1:63-70.
  2. http://www.dwa.gov.za/iwqs/
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.