Rooi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Rooi (kleur))
Spring na: navigasie, soek
#FF0000

Rooi is 'n kleur wat lê by die laagste frekwensies van lig wat deur die menslike oog onderskei kan word. Rooi lig het 'n golflengte van ongeveer 700 nm.

Suurstofhoudende bloed is rooi weens die hemoglobien wat daarin bevat is. Rooi lig word eerste deur seewater geabsorbeer, sodat baie visse en ander ongewerwelde seediere wat helderrooi vir mense voorkom, in werklikheid swart in hulle natuurlike omgewing voorkom.

Rooi is 'n bytellende primêre kleur, komplementêr tot siaan. Dit was eers beskou as 'n aftrekkende primêre kleur, en word steeds soms so beskryf in nie-wetenskaplike literatuur. Dit is wel nou bekend dat die kleure siaan, magenta en geel nader aan die ware primêre kleure is wat deur die oog onderskei kan word, en word in moderne kleurdrukwerk gebruik. In die RGB kleurmodel wat deur TV-stelle en rekenaarskerms gebruik word is rooi een van die drie kanale, genaamd R.

Laer frekwensies word infrarooi, of verre rooi, genoem.

'n Rooi filter wat in swart-en-wit fotografie gebruik word, verskerp die kontras in meeste tonele. Byvoorbeeld, wanneer dit saam met 'n polariseerder gebruik word, kan dit die lug swart maak. Filmtipes wat die effek van infrarooi film naboots (soos Ilford se SFX 200), doen dit deur baie meer sensitief te wees vir rooi as die ander kleure.

Gebruik, simboliek, volksmond-uitdrukkings[wysig]

'n Rooi voetgangerslig
Sjinese trourok.
  • Rooi gryp mense se aandag, en word gereeld as 'n teken van gevaar gesien: daarom word dit in waarskuwingstekens gebruik.
    • Die kleur van bloed het gelei tot die verbintenis van rooi met die god van oorlog, Mars, en daarom is die rooierige planeet Mars ook na hom vernoem.
    • Rooi word gebruik om "stop" in verkeerstekens en -seine aan te dui.
    • In motorwedrenne word 'n rooi vlag gebruik om alle motors onmiddellik tot stilstand te bring.
    • Rooi, tesame met geel en oranje, word geag dat dit honger aanvuur, en daarom die gebruik daarvan in die kentekens van baie voedselmakers.
  • Rooi is die kleur van liefde, beide in die rooi harte van 'n valentyn, en in 'n "rooiliggebied".
  • Rooi is een van die Kersfeeskleure.
  • Sedert die Revolusie van 1848 is "Sosialistiese" rooi gebruik as 'n kleur van Europese opstandiges, soos Garibaldi se camicie rosse ("rooihemde") in die Italiaanse Risorgimento, en is gedra deur die linkse en algemeen radikale groepe.
  • In Sjinese simboliek is rooi die kleur van goeie geluk, en word gebruik vir versiering en trouklere. Geld in Sjinese samelewings word tradisioneel in rooi pakkies gegee. Mao Zedong was ook soms verwys na as 'n "rooi son".
  • Rooi ink word ook gebruik om skuld aan te dui, sowel as verliese op 'n balansstaat; vandaar die frase om "in die rooi" te wees by die bank.
  • In Noord-Amerikaanse aandelemarkte word rooi gebruik om 'n val in aandelepryse aan te dui. In Oos-Asië is die teenoorgestelde gebruiklik, rooi dui hier 'n styging in aandelepryse aan.

Kleurkoördinate[wysig]

Volgens verskeie kleurskemas word rooi as volg voorgestel:

Model Koördinate
Heksadesimale kode #FF0000
RGB kleurmodel (255, 0, 0)
CMYK (0, 255, 255, 0)
HSV (0°, 100%, 100%)

Variasies[wysig]

  • Skarlaken - 'n rooi wat na rooi-oranje neig, en geen blou bevat nie.
  • Vermiljoen - 'n vurige rooi wat na effe meer na rooi-oranje neig as skarlaken, en wat van sinnaber, die kunsmatige rooi kwiksulfide was as pigment gebruik word, voorberei word.
  • Karmosyn - 'n rooi wat geen geel bevat nie, en na rooi-violet neig.
  • Venesiaanse Rooi (ook bekend as Indiese Rooi en Indiaanse Rooi) - 'n bruinerige rooi wat van ystersulfied voorberei word.
  • Brandweerwarooi - 'n helderrooi wat gereeld op noodvoertuie gebruik word.
  • Roos is 'n reeks kleure aan die blou kant van rooi.
  • Perske is 'n reeks kleure aan die geel kant van rooi wat algemeen na 'n ligte skakering neig.


Elektromagnetiese Spektrum

Radiogolf | Mikrogolf | Infrarooi | Optiese spektrum | Ultraviolet | X-straal | Gammastraal


Sigbaar: Rooi | Oranje | Geel | Groen | Siaan | Blou | Violet

Sien ook[wysig]