Rooi reus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

’n Rooi reus is ’n helder reusester met ’n lae of gemiddelde massa (rofweg 0,5–10 sonmassas) in ’n laat stadium van sterevolusie. Die buitenste atmosfeer is uitgesprei en yl – daarom is die radius groot en die oppervlaktemperatuur laag, vanaf sowat 5 000 kelvin en laer. Die ster lyk geel-oranje tot rooi en sluit in spektraaltipes K en M, maar ook S- en koolstofsterre.

Daar word geglo hoofreekssterre van spektraaltipe A tot K ontwikkel in rooi reuse.[1] Tydens sy hoofreeksfase verbrand ’n ster langsamerhand waterstof in sy kern en sit dit om in helium; sy hoofreeksfase eindig wanneer byna al die waterstof in die kern opgebruik is en hy betree dan die rooireusfase op die Hertzsprung-Russell-diagram.[2]. Die meeste rooi reuse se buitekant sit steeds waterstof om in helium terwyl die kern uit onaktiewe helium bestaan. Hierdie fase duur net ’n paar miljoen jaar[3] en is dus kort in vergelyking met die miljarde jare van die ster se bestaan.

Die Son se hoofreeksfase is sowat 10 miljard jaar; groter sterre het ’n korter leeftyd en kleiner sterre ’n langer leeftyd.[2]

Prominente helder rooi reuse aan die naghemel sluit in Aldebaran (Alpha Tauri), Arcturus (Alpha Bootis) en Gamma Crucis (Gacrux), terwyl die nog groter Antares (Alpha Scorpii) en Betelgeuse (Alpha Orionis) rooi superreuse is.

Verwysings[wysig]

  1. Color of star ranging blue through orange
  2. 2,0 2,1 Zeilik, Michael A.; Gregory, Stephan A. (1998). Introductory Astronomy & Astrophysics, 4de, Saunders College Publishing, 321–322. ISBN 0-03-006228-4. 
  3. Red Giants

Eksterne skakels[wysig]

Soorte sterre en sterregroepe
HD 820.jpg
 Sterre   SterDwergsterWit dwergSwart dwergRooi dwergGeel dwergBruin dwergSubdwergReusesterHelder reusSuperreusHiperreusSubreusRooi reusBlou reusNeutronsterPulsarBlou dwaalsterCepheïedVeranderlike sterNovaOpvlamsterRR Lyrae-sterWolf-RayetsterT Tauri-sterHerbig Ae/Be-sterPoolster
 Sterregroepe   DubbelsterX-straaldubbelsterVeelvoudige sterSterreswermSterrestroomSterrestelselMelkwegSterrestelselswermSuperswerm
 Verwante voorwerpe   SupernovaNewelPlanetêre newelMessier-voorwerpHeelalMultiversumSterrebeeldAsterismeSterreklassifikasieSwartkolkSuperholteInterstellêre mediumMolekulêre wolk
 Lyste   Lys van sterrekundige katalogusseLys van naaste sterreLys van grootste sterreLys van gewone name van sterre