Rooiaas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rooiaas
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Urochordata
Klas: Ascidiacea
Orde: Pleurogona
Suborde: Stolidobranchia
Familie: Pyuridae
Genus: Pyura
Spesie: P. stolonifera
(Heller, 1878)
Binomiale naam
Pyura stolonifera

Rooiaas (Pyura stolonifera) is 'n dier of sakpyp wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom.

Beskrywing[wysig]

Pyura stolonifera is 'n volop alleenstaande tussengetybewoner wat tot die klas Ascidiacea behoort. Dit is 'n pienk tot rooierige dier omhul in 'n dik, taai, leeragtige donkerbruin mantel met 'n verrimpelde bruin bedekking. Dit is gewoonlik dik oortrek met ander korsvormende organismes.

Filtersuiers[wysig]

Die dier het twee suiers aan sy bokant wat gebruik word vir filtervoeding. Die een suier suig seewater in wat gefiltreer word in die dier en die afvalwater word dan deur die ander uitblaassuier uitgespuit. Dit het groot insuig- en uitblaassuiers met 'n effens geskulpte rand, gewoonlik naby aan mekaar geplaas.

Voorkoms en grootte[wysig]

Dit kom voor in rotsagtige gebiede in die laagwatersone tot ten minste 10 m onderwater, waar dit tot meer as 15 cm in hoogte kan groei. Die beste manier om rooiaas op te spoor tussen rotse, is om op te let na die straaltjies water wat luglangs gespuit word wanneer 'n brander terugtrek see in.

Rooiaas is 'n ekosisteem-ingenieur wat tussengety-kushabitat drasties kan verander. Digte kolonies soos dié op die foto kan ondergeskikte spesies domineer, en ook 'n habitat vir ander organismes veskaf. (Foto: Marc Rius)

Bron[wysig]