Rooikeelreier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rooikeelreier
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Ciconiiformes
Familie: Ardeidae
Genus: Egretta
Spesie: E. vinaceigula
Binomiale naam
Egretta vinaceigula
(Sharpe, 1895)

Die rooikeelreier is 'n seldsame, gelokaliseerde strandvoël.

Identifikasie[wysig]

Dit lyk soos 'n leikleurige kleinwitreier, maar word aan sy geel tarsi (voetwortels), en van naby aan sy vaalbruin keel en geel oë en gesigvel, van die swartreier onderskei. Die pluime aan sy agterkop ontbreek soms. Dit is sowat 60 cm lank.

Habitat[wysig]

Die reiers boer veral een-een by vlak, digbegroeide vloedpanne en langs stil rivierlope van die Okavangodelta, Linyanti- en Choberiviergebied van Noord-Botswana; 'n swerwer elders.

Verspreiding[wysig]

Hulle kom veral rondom bogenoemde gebiede voor, maar ylverspreide groepies word ook aangetref in die noordelike deel van Namibië, Zimbabwe, Limpopo Provinsie en Noord-Wes Provinsie. Hulle word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Ander name[wysig]

  • Wetenskaplike naam: Egretta vinaceigula
  • Engels: "slaty egret"

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]