Rooiwortelboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rooiwortelboom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Malpighiales
Familie: Rhizophoraceae
Genus: Rhizophora
Spesie: R. mucronata
Binomiale naam
Rhizophora mucronata
Lam.
Rooiwortelboom

Die Rooiwortelboom (Rhizophora mucronata) is 'n boom wat voorkom aan die seewaartse kant van wortelboommoerasse. In Engels staan die boom bekend as die Red mangrove. Die boom produseer kenmerkende steltworels wat tot 2 m lank is. Die lengte van die wortels is gelyk aan die verskil tussen die getye. Met hoogwater lyk dit asof die bome op die water dryf en tydens laagwater kan die wortels gesien word. Die vrug lyk soos 'n leeragtige groen bessie en ontkiem aan die boom en produseer dan 'n saailing wat soms tot 45 x 2 cm groot is. Die vrug en die saailing stuur baie vinnig wortels uit sodra dit in die modder val.

Sien ook[wysig]

Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor:

Bron[wysig]