Roshen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Lekkergoedmaatskappy «ROSHEN»

ДП «Кондитерська корпорація «ROSHEN»
Roshen.jpg

ROSHEN Vinnitsa 2008 G1.jpg
Tipe Privaatmaatskappy
Gestig 1996
Hoofkantoor Kiëf, Oekraïne
Gebied bedien Oekraïne, Russiese Federasie, internasionale mark
Industrie Lekkergoed
Produkte Sjokolade-lekkergoed, koeke, wafels
Inkomste 1 miljard VSA-$ (2010)
Webwerf ROSHEN

Roshen is 'n Oekraïense vervaardiger van lekkergoed in besit van die politikus en sakeman Petro Porosjenko. Dit verenig lekkergoedfabrieke in die Oekraïense stede Kiëf (Kyiv), Winnitsa, Marioepol en Krementsjoek asook in Klaipėda, Litaue en Lipetsk, Rusland onder een dak. Die naam van die maatskappy is afgelei van die eienaar se getranskribeerde van, Poroshenko.

Alle produkte word onder die handelsnaam ROSHEN (waarvoor uitsluitlik Latynse hoofletters gebruik word) bemark.

Roshen vervaardig 'n wye reeks lekkergoed, maar staan veral bekend vir sy sjokoladelekkers en koeke wat in die Karl Marx-sjokoladefabriek in Kiëf geproduseer word. Daarnaas word 'n groot verskeidenheid minder gesofistikeerde produkte met 'n tradisioneel hoë sjokolade-inhoud in die laer prysklas aangebied. Roshen is die markleier in die gebied van die voormalige Sowjetunie, maar voer sy produkte ook na lande in die Europese Unie, die Verenigde State, Kanada en Israel uit.

In 2012 is Roshen met sy jaarlikse produksievolume van 450 000 ton 18de in die internasionale lekkergoedbedryf se Candy Industry Top 100, 'n lys van die wêreld se grootste lekkergoedvervaardigers, gelys. Voordat die Russiese Federasie invoere van Roshen-produkte weens beweerde vals etikettering in Julie 2013 verban het, het verkope op die Russiese mark sowat veertig persent van Roshen se totale omset verteenwoordig.[1]

Verwysings[wysig]