Rotsskuiwer-lipvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rotsskuiwer-lipvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Labridae
Genus: Novaculichthys
Spesie: N. taeniourus
Binomiale naam
Novaculichthys taeniourus
(Lacépède, 1801)

Die Rotsskuiwer-lipvis (Novaculichthys taeniourus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Rockmover wrasse.

Voorkoms[wysig]

Die vis se lyf is langwerpig en dun. Die sylyn word onderbreek en die stertvin is bolrond. Daar is slegs 'n paar skubbe op die kop agter die oë terwyl die res van die lyf bedek is.

Die volwasse wyfie vis is bruin, die skubbe is lig met 'n donker rant en die pens gedeelte is rooi. Die kop is grys met donker strepe wat vanaf die oog uitstraal. Die iris is rooi. Die basis van die stertvin is baie lig, die basis van die pektorale vinne is swart en die bekken vinne se basis is donker na swart. Die eerste twee membrane van die dorsale vin is donker.

Die mannetjie het nie die donker strepe op die kop nie, die pens is sonder die rooi area en die skubbe is gelerig. Die onvolwasse vis is rooi, groen of bruin met vier rye onreëlmatige wit kolletjies en strepe op die lyf. Die vinne se membrame is 'n mengsel van kleur en wit en die stertvin is deurskynend. Die vis word tot 30 cm lank.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraal en rots riwwe in water wat tot 45 m diep is. Die volwasse vis gebruik sy mond om stukke rots of afval koraal te skuif om klein diertjies soos krappe, seesterre, slakke en wurms te vang. Die volwasse visse jag in pare saam; die een vis lig die rots op en die ander vang die prooi.

Die volwasse vis sal, in sanderige areas, in die sand induik om jagters te ontduik terwyl die onvolwasse vissies alge sal namaak - hulle dryf saam met alge rond en beweeg hulle liggaam soos 'n alg wat deur die stroom rondgepluk word.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]