Round House

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Round House
'n Laat 19de eeuse Foto van die Round House

Die Round House (32°3′22″S 115°44′29″O ) is die oudste gebou wat steeds staan in Wes-Australië.[1] Dit is by Arthur Head in Fremantle geleë.[2]

Die gebou is in 1830 gebou en is ontwerp deur Henry Reveley en was die eerste permanente gebou in die Swanrivier kolonie. Die gebou is aanvanklik bedoel om as 'n tronk te dien en het agt selle en blyplek vir die tronkbewaarder gehad wat almal op 'n binnehof uitgeloop het. Die ontwerp is gegrond op die Panopticon, 'n soort tronk wat deur die filosoof, Jeremy Bentham, ontwerp is.[3] Dit is gebruik om koloniale- en inboorling gevangenisse te huisves tot en met 1886 toe beheer oor die Convict Establishment tronk (tans die Fremantle tronk) oorgedra is na die kolonie. Hierna is die Round House as tydelike selle van die polisie gebruik tot in 1900, waarna dit die woning van die hoofkonstabel en sy gesin geword het.[4]

Daar is 'n gedenkplaat by die Round House wat deur die Royal Western Australian Historical Society daar geplaas is as deel van herdenking van die eeufeesjaar van Wes-Australië in 1929.

Die Fremantle stadsraad het in 1982 verantwoordelikheid vir die Round House oorgeneem en dit is kort daarna aan die publiek oopgestel. Tans is diet sewe dae van die week oop vir die publiek. Toegang word verkry deur 'n muntskenking te maak.

Verwysings[wysig]

  1. http://register.heritage.wa.gov.au/viewplace.html?place_seq=896&offset=1&view=description - Heritage Council of Western Australia :: Round House and Arthur Head Reserve
  2. http://register.heritage.wa.gov.au/comprehensivereport.html?place_seq=896 Heritage Council of Western Australia :: Round House and Arthur Head Reserve - Comprehensive Report
  3. http://www.ncbi.nlm.nih.gov/entrez/query.fcgi?cmd=Retrieve&db=PubMed&list_uids=10095465&dopt=Abstract The Round House Gaol: Western Australia's first lunatic asylum.
  4. Conole, Peter. and Graeme Sisson (2005) Policing in the Round House. sluit besonderhede in van Konstabel Thomas Powers wat in 1898 in die gebou geleef het. Newsbeat (http://www.police.wa.gov.au/ABOUTUS/News/Newsbeat/tabid/1224/Default.aspx), Julie/Aug. 2005, bl. 16.

Verdere leeswerk[wysig]

  • Davidson, Dianne.(2001) The rescue of the round house. Newsletter (Fremantle History Society), Summer, 2001, p. 1-3,
  • Scott, Peter.(1989) Hiding history : The Round House. (Aboriginal imprisonment in the Round House). Murdoch ethos, p. 37-50, (essays in Australian history in honour of Foundation Professor Geoffrey Boltonedited by Rae Frances and Bruce Scates. Murdoch, W.A.: Murdoch University.
  • Webb, David and Warren, David (2005) Fremantle : beyond the Round House Fremantle, W.A. Longley Books.

Eksterne skakels[wysig]