Rudolf Vrba

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Dr. Rudolf Vrba in 1997.

Rudolf (Rudi) Vrba, gebore Walter Rosenberg (11 September, 1924 - 27 Maart, 2006), was 'n Professor Emeritus in die Farmakologie en Terapeutiese Departement aan die Universiteit van Brits-Kolombië in Kanada. In April 1944 word Vrba en Alféd Wetzler die tweede en derde van slegs vyf Jode[1] om suksesvol van die Duitse konsentrasiekamp in Auschwitz te ontsnap. Na hulle ontsnapping lig hulle die Geallieerdes in omtrent die massamoord wat besig was om in Auschwitz plaas te vind. Die twee mans dikteer 'n dokument van 32 bladsye, wat bekend word as die Vrba-Wetzlerverslag, aan Joodse offisiere in Slowakye.[2][3] Die dokument word beskou as een van die belangrikste dokumente van die twintigste eeu[4] omdat dit die eerste gedetailleerde inligting omtrent die konsentrasiekampe was om die Geallieerdes te bereik wat as geloofwaardig beskou is.

Verwysings[wysig]

  1. Dromi, Uri. ""Deaf ears, blind eyes", Haaretz, 1 Januarie 2005.
  2. Gutman, Yisrael. Encyclopedia of the Holocaust. Macmillan Publishing Company. ISBN 0-02-896090-4
  3. "The Vrba Wetzler Report" The Holocaust History Project.
  4. "Vrba, Rudolf", no byline, BC Bookworld author bank.