Rush

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Rush
Rush-in-concert.jpg
Alex Lifeson, Geddy Lee en Neil Peart van Rush in 2004
Oorsprong Toronto, Ontario, Kanada
Genre(s) Hard rock
Heavy metal
Progressiewe rock
Aktiewe jare 1968 - hede
Uitgewer(s) Moon, Mercury, Anthem, Atlantic
Webwerf http://www.rush.com
Lede Geddy Lee
Alex LIfeson
Neil Peart
Gewese lede John Rutsey
Jeff Jones
Portal.svg Musiekportaal

Rush is 'n Kanadese rockgroep wat in Augustus 1968 in Willowdale, Toronto gevorm is. Die groep bestaan uit Geddy Lee (voorsanger, baskitaar en klawerbord), Alex Lifeson (kitaar) en Neil Peart (tromme, liedjieskrywer). Die groeplede het tussen 1968 en 1974 verskeie kere gewissel. In sy huidige vorm bestaan Rush sedert Julie 1974 toe die groep se oorspronklike tromspeler, John Rutsey, kort voor die eerste VSA-toer deur Peart vervang is.

Sedert Rush hulle gelyknamige debuutalbum in Maart 1974 vrygestel het, staan die groep vir hul musikale vernuf, ingewikkelde komposisies en die eklektiese motiewe van hul lirieke bekend wat dikwels deur wetenskapsfiksie, fantasieverhale en filosofiese beskouings geïnspireer is en humanitêre, sosiale, emosionele en omgewingsvraagstukke aanspreek.

Rush se musikale styl het oor die jare verander en was aanvanklik - op hulle eerste langspeler - deur heavy metal en blues geïnspireer. Later is dit deur hard rock, progressiewe rock en 'n periode met uitbundige gebruik van sintetiseerders gekenmerk. 'n Verskeidenheid musikale kunstenaars het na Rush as een van hulle beduidendste musikale invloede verwys, waaronder groepe soos Metallica, Primus en The Smashing Pumpkins en progressiewe metal-groepe soos Dream Theater en Symphony X.

Rush het 'n aantal Juno Awards gewen en is in 1994 in die Kanadese Music Hall of Fame opgeneem. Daarnaas het Rush reeds 24 goue en 14 platinum-albums (waaronder drie multi-platinum-albums) op hul musiekkerfstok. Albumverkope wêreldwyd is op meer as 40 veertig miljoen beraam.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Rush (kategorie)