Rzeszów

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Rzeszów
Sp16DSC 0028.JPG

Kaart Wapen
POL Rzeszów map.svg
POL Rzeszów COA.svg
Vlag
Rzeszow flag.svg
 Land Vlag van Pole Pole
 Woiwodskap POL województwo podkarpackie flag.svg Subkarpate
 Koördinate 50°3′N 22°0′O
 Stigting (eerste verwysing) -
 Stadstatus 1354
 Oppervlakte:  
 - Totaal 116,4 vk km
 Hoogte bo seevlak 221 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2010) 178 227
 - Bevolkingsdigtheid 1 539/vk km
 - Metropolitaanse gebied 740 000
 Tydsone MET (UTC +1)
 - Somertyd MEST (UTC +2)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 8,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -3,3 / 18 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 508 mm
 Burgemeester Tadeusz Ferenc
 Amptelike Webwerf www.erzeszow.pl

Rzeszów [ˈʐɛʂuf] is die administratiewe hoofstad van die Suidoos-Poolse woiwodskap Subkarpate (Podkarpackie).

Rzeszów is 'n universiteitstad wat aan weerskante van die Wisłokrivier in die hartland van die Sandomierska-vallei, tussen Krakau en die Pools-Oekraïense grenspos naby Przemyśl en langs die internasionale snelweg E 40 en die spoorweglyn tussen Lviv (Lemberg) en Krakau geleë is. Die stad word deur 'n internasionale lughawe bedien.

Die stad se ekonomiese stand as belangrikste nywerheidsentrum in Suidoos-Pole word al dekades lank deur die vliegtuigbedryf bepaal. Daarnaas speel voedselverwerking en farmaseutiese nywerhede 'n beduidende rol. Die ligging naby die Poolse Woudkarpate-berggebied en 'n goed ontwikkelde toeristiese infrastruktuur met talle aantreklikhede maak van Rzeszów 'n gewilde reisbestemming.