SABMiller

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
SABMiller plc
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 2002[1]
Hoofkantoor Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
Sleutelpersone Alan Clark (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie Brouery, drank
Inkomste $23,213 miljard[2] (2013)
Bedryfsinkomste $4,203 miljard[2] (2013)
Netto inkomste $3,511 miljard[2] (2013)
Werknemers 70 000[3] (2014)
Dogtermaatskappye Bavaria Brewery
Foster's Group
Kompania Piwowarska
Miller Brewing Company
South African Breweries
Peroni Brewery
Webwerf sabmiller.com

SABMiller is die tweede grootste broumaatskappy in die wêreld (in terme van volume), naas InBev. Die maatskappy is in 2002 gevorm deur die samesmelting van South African Breweries en Miller Brewing.

Omdat brouery 'n industrie is met 'n hoë wins in verhouding, het meeste markte 'n winsgewende dominante brouer, 'n paar minder winsgewende, sekondêre brouers en invoere van dominante brouers uit ander areas. Die areas waarin SABMiller dominant is sluit in Afrika, Noord-Amerika en Oos-Europa. Die maatskappy se hoofkantoor is egter in Londen, waar dit 'n relatiewe klein aandeel in die mark het en nie enige van sy eie biere brou nie. Aandele word verhandel op die Londense Effektebeurs en is deel van die "FTSE 100-indeks".

SABMiller het in Julie 2005 aangekondig dat hulle ingestem het om Bavaria S.A te bekom. Bavaria S.A is 'n Kolombiese brouery dominant in sy tuisland, asook Peru, Ecuador en Panama. Dit is die tweede grootste brouery in Suid-Amerika met 'n inkomste van meer as $2 miljard in 2004. 70% van Bavaria was besit deur die Santo Domingo-familie wat hul aandeel verruil het vir nuwe aandele in SABMiller. Dié transaksie het vir hulle 'n aandeel van 15% tot 20% verseker, wat hulle die tweede grootste aandeelhouer maak. Volgens die New York Times is dié aandeel ongeveer $3.8 miljard werd, alhoewel die getal op 'n dag tot dag basis wissel in ooreenstemming met SABMiller se aandeelprys. SABMiller het ook 4.9 miljard Kolombiese pesos (ongeveer $2.2 miljard) se skuld aangeneem.

Besitreg[wysig]

Die maatskappy se grootste aandeelhouer is Alteria Group, wat van tevore Miller Brewing besit het.

Handelsmerk[wysig]

SABMiller se handelsmerke sluit in:

Bestuur[wysig]

Notas[wysig]

  • Miljard = 1 000 000 000 (een duisend miljoen).

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (en) Martin, Andrew, "Merger for SABMiller and Molson Coors", The New York Times, 10 Oktober 2007. URL besoek op 22 September 2011.
  2. 2,0 2,1 2,2 (en) Preliminary Results 2013”. SABMiller. URL besoek op 15 April 2014.
  3. (en) Who we are”. SABMiller. URL besoek op 15 April 2014.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
SABMiller (kategorie)