SANSA

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

SANSA is die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimteagentskap en is in Desember 2009 onder sy huidige naam gestig. Voor dit was die funksie onder beheer van die WNNR se satelliettoepassingsentrum. SANSA is 'n semi-staatsinstelling en is die sambreelliggaam vir ruimte-aktiwiteite in Suid-Afrika.

SANSA spesialiseer in ruimteoperasies, observasies van die aarde en ruimte-ingenieurswese.

Geskiedenis[wysig]

  • 1958 - Die eerste ruimtestasie open by Esselenpark.
  • 1960 - Die stasie word verskuif na Hartbeeshoek.
  • 1963 - Die 12-meter antenne word voltooi; toe bekend as DSS 51.
  • 1975 - NASA onttrek weens sanksies teen Suid-Afrika.
  • 1977 - Die eerste Meteosat, 'n weersatelliet, se beelde word afgelaai.
  • 1983 - Die stasie word deel van Franse ruimteagentskap (CNES).
  • 1998 - Die stasie ontvang die Hughes-band kommunikasiesatellietkontrak.

Ligging[wysig]

SANSA se ligging is ideaal vir die opsporing van satelliete in die Suidelike Halfrond en was deel van die Gemini- en Apollo-projekte.

Bron[wysig]

  • Ou reus hou ruimte bo SA al 50j. dop Beeld 4 Julie 2012