SKA

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Uitsig oor die Square Kilometre Array.
Kaart van deelnemende lande.

Die SKA oftewel die Square Kilometre Array (Vierkantkilometeropstelling) is 'n radioteleskoopprojek wat by voltooing uit meer as 3 000 radioteleskope sal bestaan. Twee derdes van die radioteleskope sal in Suid-Afrika gebou word en die ander in Australië en Nieu-Seeland. Konstruksiewerk sal in 2016 aan die projek begin, wat eers teen 2024 teen 'n koste van €1.5 miljard voltooi sal wees. Die SKA sal elke dag meer data genereer as die hele internet. Die square kilometre verwys na die feit dat die totale oppervlakte van al die antennes een vierkantkilometer groot is.

Werkingsbeginsel[wysig]

Hemelliggame straal elektromagnetiese straling uit wat opgevang of bespeur kan word met die regte toerusting soos 'n radioteleskoop. 'n Radioteleskoop bestaan uit skottelantennes en stralingsvlakantennes wat die hele spektrum dek. Al die radioteleskope word met 'n sentrale beheer-en-verwerkingskantoor verbind met optiese vesel kabel. Die inligting word hier verwerk met rekenaars om 'n beeld te skep wat die mens kan sien. Die spektrum wat die radioteleskoop sien is baie wyer as wat deur 'n optiese teleskoop gesien kan word. Optiese vesel word verkies bo koper omrede dit bestand is teen elektromagnetiese straling is soos weerlig.

Sentrale rekenaar[wysig]

Die sentrale rekenaar van die SKA sal 'n verwerkingsvermoë van 100 miljoen persoonlike rekenaars hê en sal 1018 opdragte per sekonde verwerk.

Australië[wysig]

'n Klomp klein, laefrekwensie-stralingsvlak-antennes sal in Australië opgerig word tydens Fase 1. Die tipe antenne is sowat 1,5 m hoog. Daar sal ook sestig hoëfrekwensieskottelantennes in Australië opgerig word as deel van Fase 1. Dié antennes is sowat 15 m hoog.

Nieu-Seeland[wysig]

Daar sal ook 'n paar skottelantennes in Nieu-Seeland opgerig word tydens Fase 1.

Suid-Afrika[wysig]

Tydens Fase 1 sal ongeveer 190 antennas opgerig word. Tydens Fase 2 sal 3 000 skottelantennes in Suid-Afrika opgerig word. Al die antennes sal in die Noord-Kaap opgerig word, in die gebied suid van N14, wes van Upington, suidwes van die N10 tussen Upington en waar die N10 die N12 kruis, wes van die N12 en Victoria-Wes en weswaarts van Brandvlei en Williston. Hierdie gebied is spesifiek gekies omrede daar weininge magnetiese versteurings is soos in stedelike gebiede ondervind word. Suid-Afrika se aandeel in die SKA is die grootste.

Bronne[wysig]

  • Beeld. Grootste deel van SKA-projek hier gevestig. SA, jou ster! 26 Mei 2012
  • Rapport. SKA-besluit 'beste skikking'. 27 Mei 2012
  • Quest. Africa celebrates SKA bid outcome Vol 8. Number 2. ISSN 1729-830X

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
SKA (kategorie)