SV Auersmacher

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
SV Auersmacher
Auersmacher.png
Volledige naam Sportverein Auersmacher e.V.
Bynaam
Stigtingsdatum 15 Julie 1919
Tuisveld Saar Blies-stadion,
Kleinblittersdorf
Kapasiteit 3 000
Kompetisie Oberliga Suidwes

SV Auersmacher is ‘n sokkerklub uit Kleinblittersdorf in die deelstaat Saarland in Duitsland. Auersmacher is ‘n dorpswyk van Kleinblittersdorf.

Die klub is op 15 Julie 1919 gestig as Fußballclub Auersmacher. Op 6 Januarie 1935 het die lede van Arbeiter-SV 1926 Auersmacher en DJK Concordia 1929 Auersmacher by die klub aangesluit, nadat hulle klubs deur die Nazi’s verbied is as arbeidersverenigings. In 1937 is daar met Turnverein 1894 Auersmacher saamgesmelt om VfL Auersmacher te vorm. Na die Tweede Wêreldoorlog is die klub deur die Geallieerdes ontbind, maar dis op 6 April 1946 as SV Auersmacher herstig. In 1948 het ‘n groep lede die klub verlaat om SV Sitterswald te stig en op 9 Januarie 1954 het nog ‘n groep lede die klub verlaat om Turnverein 1894 Auersmacher te herstig.

Die klub het die hoofrondte van die DFB-Pokal in 1976 en 1980 gehaal. Die grootste prestasie was om die Saarland-Pokal in 1979 te wen.

Onlangse ligaposisionering[wysig]

  • 1969-70 (IV) Amateurliga Wes 3de
  • 1970-71 (IV) Amateurliga Wes 1ste
  • 1971-72 (III) Verbandsliga Saar 14de
  • 1972-73 (III) Verbandsliga Saar 13de
  • 1973-74 (III) Verbandsliga Saar 5de
  • 1974-75 (III) Verbandsliga Saar 5de
  • 1975-76 (III) Verbandsliga Saar 11de
  • 1976-77 (III) Verbandsliga Saar 4de
  • 1977-78 (III) Verbandsliga Saar 6de
  • 1978-79 (III) Oberliga Suidwes 16de
  • 1979-80 (IV) Verbandsliga Saar 3de
  • 1980-81 (IV) Verbandsliga Saar 4de
  • 1981-82 (IV) Verbandsliga Saar 4de
  • 1982-83 (IV) Verbandsliga Saar 4de
  • 1983-84 (IV) Verbandsliga Saar 4de
  • 1984-85 (IV) Verbandsliga Saar 4de
  • 1985-86 (IV) Verbandsliga Saar 4de
  • 1986-87 (IV) Verbandsliga Saar 6de
  • 1987-88 (IV) Verbandsliga Saar 3de
  • 1988-89 (IV) Verbandsliga Saar 9de
  • 1989-90 (IV) Verbandsliga Saar 7de
  • 1990-91 (IV) Verbandsliga Saar 9de
  • 1991-92 (V) Verbandsliga Saar 2de
  • 1992-93 (V) Verbandsliga Saar 2de
  • 1993-94 (V) Verbandsliga Saar 4de
  • 1994-95 (V) Verbandsliga Saar 1ste
  • 1995-96 (IV) Oberliga Suidwes 6de
  • 1996-97 (IV) Oberliga Suidwes 10de
  • 1997-98 (IV) Oberliga Suidwes 16de
  • 1998-99 (V) Verbandsliga Saar 13de
  • 1999-00 (V) Verbandsliga Saar 8ste
  • 2000-01 (V) Verbandsliga Saar 11de
  • 2001-02 (V) Verbandsliga Saar 9de
  • 2002-03 (V) Verbandsliga Saar 6de
  • 2003-04 (V) Verbandsliga Saar 4de
  • 2004-05 (V) Verbandsliga Saar 5de
  • 2005-06 (V) Verbandsliga Saar 7de
  • 2006-07 (V) Verbandsliga Saar 4de
  • 2007-08 (V) Verbandsliga Saar 9de
  • 2008-09 (VI) Verbandsliga Saar 1ste
  • 2009-10 (V) Oberliga Suidwes

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]


Oberliga Suidwes 2009/10-seisoen

SV Auersmacher - SG 06 Betzdorf - SV Elversberg II - BFV Hassia Bingen - Eisbachtaler Sportfreunde -
SV Rooiwit Hasborn-Dautweiler - SC Hauenstein - FC 08 Homburg - SC 07 Idar-Oberstein - SF Köllerbach -
TuS Mayen - TuS Mechtersheim - Borussia Neunkirchen - FK 03 PirmasensSV Roßbach/Wied -
SV Alemannia Waldalgesheim - SpVgg EGC Wirges - SVN 1929 Zweibrücken