Sabierivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sabierivier - Sabie River
Die Sabierivier oos van Skukuza.
Die Sabierivier oos van Skukuza.
Oorsprong Lydenburg, Mpumalanga
Monding Maputo, Mosambiek
Komatirivier
Gebied waardeur dit vloei Suid-Afrika, Mosambiek
Oorsprong hoogte 1 100 m (3 609 voet)

Die Sabierivier is in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die rivier ontspring in 'n klomp stroompies op die oostelike hang van die Mauchsberg en op die eskarp van die Drakensberg tussen Lydenburg en Sabie. By Sabie gaan die rivier oor die Sabiewaterval en deur 'n diep ravyn. Dit vloei dan deur die benede-Laeveld en sluit later, oos van Skukuza by die Sandrivier aan wat later in Mosambiek by die Komatirivier aansluit.

Die naam van die rivier is afgelei van die Sjangaan woord uluSaba wat 'gevreesde rivier' beteken na aanleiding van die baie krokodille wat eens in die rivier gewoon het.

Vislewe[wysig]

Die Laeveld-kurper (Serranochromis meridianus) kom in die rivier voor.

Bron[wysig]