Sainte-Anne-de-Beaupré

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sainte-Anne-de-Beaupré
Die bedevaartskerk Sainte-Anne-de Beaupré, suid-oostelike fasade
Die bedevaartskerk Sainte-Anne-de Beaupré, suid-oostelike fasade
Ligging van Sainte-Anne-de-Beaupré op 'n kaart (Quebec)
Sainte-Anne-de-Beaupré
Sainte-Anne-de-Beaupré
Koördinate: 47°01′00″N 70°56′00″W
Land Vlag van Kanada Kanada
Provinsie Quebec
Region Capitale-Nationale
Regionale County La Côte-de-Beaupré
Stigting 1650
Geïnkorporeer op 27 Januarie 1973
Regering
 - Burgemeester Jean-Luc Fortin
Oppervlak
 - Stad 64,38 km²  (24,86 vk m)
 - Land 62,64 km² (24,19 vk m)
Bevolking (2006)
 - Stad 2 803
 - Digtheid 44,8/km² (116/vk m)
Tydsone EST (UTC-05:00)
 - Somer (DST) EDT (UTC-04:00)
Poskode G0A
Skakelkode(s) 418 en 581
Webwerf: sainteannedebeaupre.com
'n Straattoneel in Ste.-Anne-de-Beaupré, omstreeks 1925

Sainte-Anne-de-Beaupré is 'n dorp in die Franstalige provinsie Quebec (Kanada) met 2 800 inwoners in 2006. Die dorp lê teen die Sint-Laurensrivier en die grootpad Route 138.

Sainte-Anne-de-Beaupré is vandag 'n bekende toeristebestemming en bedevaartsoord. 'n Skeepsbemanning, wat in die jaar 1658 tydens 'n storm gered is, het hier die eerste Rooms-Katolieke kerkgebou in Kanada as 'n offer van dankbaarheid opgerig. Die kerk het vinnig bekendheid verwerf vir sy wonderdade van Sainte Anne (die heilige Anna) en talle pelgrims na die oord gelok.

Die waterval van die Riviére Sainte-Anne du Nord (74 meter) met die Grand Canyon des Chutes Sainte-Anne lê sowat ses kilometer van die dorp.