Sakesektore

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Merge-arrows.svg   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Ekonomiese sektor.

Sakesektore is die verskillende sektore waarin die sakewêreld verdeel word ten einde dit dit klassifiseer of groepeer volgens die algemene aard van hul aktiwiteite en waar hulle in die produksieproses inpas. Daar is drie sakesektore, naamlik:

Die grootste sektor in Suid-Afrika is die tersiêre sektor.

Die drie sektore, hul hoofrolle en voorbeelde van hierdie rolle kan in die tabel hieronder gesien word. 'n Duidelike onderskeid is nie altyd moontlik nie en 'n onderneming kan in meer as een sektor bedrywig wees.

Primêre sektor Sekondêre sektor Tersiêre sektor
Rol Rol Rol
  • Ontginning of versameling van natuurlike hulpbronne.
  • Verskaffing van grondstowwe en onverwerkte natuurlike hulpbronne vir verdere verwerking.
  • Verwerking van natuurlike hulpbronne of vervaardiging van finale produkte.
  • Verwerking tot tussen- en finale produkte.
  • Hierdie sektor bepaal die finale vorm van die produk.
  • Verspreiding van produkte en lewering van dienste.
  • Hierdie sektor stel produkte aan die verbruiker beskikbaar.
  • Ingesluit is ál die ondernemings wat die gaping tussen vervaardigers en verbruikers oorbrug deur 'n soort diens te lewer.
Voorbeelde Voorbeelde Voorbeelde
  • Ontginning van alle tipes erts van die mynbedryf (nie-hernieubaar).
  • Onverwerkte hulpbronne van die landbou-, bosbou- en visserybedryf (hernieubaar).
  • Alle vervaardigings- en verwerkingsmaatskappy (fabrieke) - dus die nywerheidsektor.
  • Kommersiële groot- en kleinhandelaars.
  • Finansiële dienste: banke, versekeringsmakelaars.
  • Kommunikasiestelsels: poskantoor, radio, televisie, internet.
  • Mediese dienste: hospitale, gesondheidsdienste.
  • Professionele dienste: regs- en rekeningkundige dienste.
  • Onthaal, verblyf en vermaak: hotelle, dobbelhuise, restourante.
  • Vervoer: pad, spoor, see, lug, pypleiding.
  • Onderwys: voorskool, skool, kolleges, tegniese universiteite, universiteite.

Verwysings[wysig]

  • Dinamiese Bedryfstudies deur Esterhuyse · Horn · Liebenberg, Kagiso, 2005