Salm

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Salm
Illustrasie van 'n manlike Coho-salm
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Protacanthopterygii
Orde: Salmoniformes
Familie: Salmonidae
Subfamilie: Salmoninae
Genus: Salmo
Linnaeus, 1758
Spesies
Sien teks
Sinonieme

Acantholingua (Hadzisce, 1960)
Salmothymus (Berg, 1908)

Salm is die algemene naam vir verskeie vissoorte in die familie Salmonidae. Onder die soorte van hierdie familie word ook forelle ingesluit. Salms word in die Atlantiese en Stille Oseane aangetref, asook in die Groot Mere van Noord-Amerika en ander landbegrensde mere.

Salms word in varswater gebore, maar migreer na geboorte na die oseaan en keer weer na varswatergebiede terug om voort te plant. In Alaska betrek salms tans nuwe varswaterstrome, soos dié wat deur die terugtrekking van gletsers geskep word. Dit is tans onbekend hoe presies die salm navigeer, dit word egter aanvaar dat hul sensitiewe reuksintuig 'n gewisse rol speel. Die manlike salms wat in die Stille Oseaan aangetref word sterf gewoonlik kort ná die voortplantingproses. Selfs in die spesies waar die mannetjie wel meer as een keer voortplant, is die sterftesyfer na die eerste paring redelik hoog, en beramings plaas dié syfer op selfs 40% of 50%.

Die salm speel reeds lank 'n rol in die kultuur en lewensonderhoud van kusbewoners. Vele bevolkings van die Noordelike Stille-Oseeankus het 'n seremonie om die terugkeer van die salm te vier en te eer. Verskeie eeue lank het mense ook salms gevang namate die visse rivierlangs na hul varswatergebiede teruggeswem het. Tans word die salmvangs meestal beperk tot baaie en kusgebiede.

Daar heers besorgdheid oor die bevolkingsvlakke van salms in die Atlantiese Oseean en sommige dele van die Stille Oseaan, maar daar is steeds 'n oorvloed salm in die noordelike Brits-Kolombiese en Alaskaanse gebiede. Die Skeena-rivier in Brits-Kolombië ontvang telkens miljoene visse wat na hul varswatergebiede terugkeer en dit ondersteun die plaaslike nywerheidsvisserye, inboorlingvisserye, sportvisvang en uiteenlopende natuurlewe van dié gebied se kuslyn tot honderde kilometers nader aan die keerpunt. Die Kolombië-rivier se salmbevolking is tans egter minder as 3% van wat dit was toe Meriwether Lewis en William Clark die rivier in 1805 besoek het.[1]

Sien ook[wysig]

Notas en verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Salm (kategorie)
Die artikel is 'n deelse vertaling van die Engelse Wikipedia-artikel Salmon.
  1. Endangered Salmon”. U.S. Congressman Jim McDermott. URL besoek op 2006-11-17.