Boesman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf San)
Spring na: navigasie, soek
Boesmans
Bosjesmannendorp.JPG
Totale bevolking: 90 000+
Belangrike bevolkings  in: Botswana (55 000), Namibië (27 000) en Suid-Afrika (10 000).
Taal: Khoisan tale
Geloofsoortuiging: San-religie
Verwante etniese groepe: Khoikhoi, Xhosa, Basters, Griekwas.
San vrou in Botswana
San man
Ou Boesmanstekeninge (Murewa, Zimbabwe)

Die Boesmans of die San is 'n volk wat woonagtig is in Suider-Afrika. Hulle was oorspronklik jagter-versamelaars, deel van die Khoisan-groep en verwant aan die Khoikhoi wat, in teenstelling met die San, nomadiese veeboere was. Die Boesmans word beskou as die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika en woon reeds 40 000 jaar lank in die suidweste van die land. Uit die gebied wat vandag as Botswana bekend staan, het die Khoikhoi waarskynlik 2 000 jaar gelede na die Kaapprovinsie getrek, waar hulle die San aangetref het. Europeërs het hulle Hottentotte genoem, 'n verwysing na hul taal wat volgens die blankes só hortend gepraat is dat dit geklink het soos "hot" en "tot".[1] Hierdie twee groepe het saamgesmelt en staan vandag bekend as die Khoisan.

Naamgewing[wysig]

Die benaming Boesman kom van die Nederlandse woord bosjesman, aangesien dié mense traditioneel in die veld tussen bossies gewoon het. Die benaming is dus van Europese oorsprong en nie self gekose nie. Terselfdertyd is die benaming San oorspronklik deur die Boesmans se etnies verwante, tradisionele mededingers, die KhoiKhoi gebruik. Die woord is neerhalend gebruik en beteken buitestaander.[2] Die Khoisan het geen kollektiewe benaming vir hulself nie, en verwys na hulself volgens enger stam- of groepname, soos Ju/'hoansi (woonagtig tussen die grens van Noord Namibië en Botswana), Hai//om (woonagtig naby die Etosha Nasionale Park) of !Kung. In hierdie name verteenwoordig die leestekens verskillende kliekklanke.[3] Alhoewel die woord 'Boesman' deur sommige as polities inkorrek beskou word, verkies baie van dié mense die benaming bo San.[4]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Boesman (kategorie)
  1. [1] Die benaming Hottentot
  2. [2] Oorsprong van die naam San.
  3. [3] Khoisan groepname
  4. [4] Voorkeur vir die naam Boesman.


Etniese groepe in Suid-Afrika Flag of South Africa.svg

AfrikanersAnglo-AfrikaneAsiateBasothoGriekwasKaap-MaleiersKhoisanKleurlingeNdebelesSwazi'sTsongasTswanasVendasXhosasZoeloes