Sandton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sandton
Die stadsilhoeët van Sandton, soos gesien vanaf Megawatt Park
Die stadsilhoeët van Sandton, soos gesien vanaf Megawatt Park
Ligging van Sandton op 'n kaart (Johannesburg)
Sandton
Sandton
Koördinate: 26°6′42″S 28°3′1″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Gauteng
Metropolitaanse Munisipaliteit Johannesburg
Oppervlak
 - Stad 143,54 km²  (55,4 vk m)
Bevolking (2011)
 - Stad 222 415
 - Digtheid 1 500/km² (3 885/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 2146 / 2196
Skakelkode(s) 011
Webwerf: sandtoncentral.co.za

Sandton is 'n stad in die noorde van die metropolitaanse gebied van Groter Johannesburg (provinsie Gauteng, Suid-Afrika). Die naam is 'n kombinasie van twee voorstede, Sandown en Bryanston,[1] wat albei na plekke in die Verenigde Koninkryk genoem is.

Geskiedenis[wysig]

Nagfoto van Sandton.
Nelson Mandelaplein, Sandton City.

1960's[wysig]

Die munisipaliteit het in 1969 ontstaan, toe Johannesburg in 'n noordelike rigting uitgebrei het. Sandton was aanvanklik 'n oorwegend residensiële voorstad, wat hoofsaaklik uit klein eiendomme bestaan het.

1990's[wysig]

Ná die einde van apartheid en die vestiging van die nuwe politieke bedeling het Sandton 'n deel van die Munisipaliteit Johannesburg geword en beskik dus sedertdien nie meer oor sy eie munisipale bestuur nie.

Finansiële en sakesentrum[wysig]

Sandton het ná die agteruitgang van Johannesburg se oorspronklike sakekern, wat een van die brandpunte van misdaad geword het, tot Suid-Afrika se nuwe finansiële sentrum en Johannesburg se belangrikste sakegebied ontwikkel. Nogtans het net een van Suid-Afrika se vier grootste banke, Nedbank, sy hoofkwartier na Sandton verskuif. Desondanks het die voorstad baie van Suid-Afrika se "nuwe geld" gelok, en naas beleggingsbanke en finansiële konsultante het ook Johannesburg se effektebeurs in die laat 1990's sy kantore na Sandton verskuif.

Sandton huisves die kongressentrum Sandton Convention Centre, een van die grootstes op die vasteland van Afrika, waar onder meer die Wêreldspitsberaad oor Volhoubare Ontwikkeling in Augustus 2002 plaasgevind het.

Toerisme en kleinhandel[wysig]

Sandton City, een van die grootste winkelsentrums in Afrika, is een van die besienswaardighede in die voorstad. Saam met Nelson Mandelaplein beskik die sentrum oor 144 000 vierkante meter totale winkeloppervlakte, wat dit die grootste van sy soort in die suidelike halfrond maak. Sandton is ook die belangrikste bestemming vir sakereisigers in die metropolitaanse gebied van Johannesburg en bied 'n reeks vyfsterhotelle.

Gautrein[wysig]

Sandton is ook 'n ondergrondse stasie vir Gautrein. Die gedeelte tussen Sandton en die O.R. Tambo Internasionale Lughawe is reeds voor die 2010 Wêreldbeker Sokkertoernooi in diens gestel.

Sien ook[wysig]

Verwysing[wysig]

  1. Raper, P. E.. Sandton. archive.org. Besoek op 28 Oktober 2013.