Sapsan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Sapsan (Siemens Velaro)-hoëspoedtrein in die Moskofski-treinstasie, Sint Petersburg, Rusland
Die bestuurderskajuit

Sapsan is die Russiese benaming vir hoëspoed-treinstelle van die Russiese Spoorweë (RŽD). Tans is die konstruksiereekse ЭВС1 (EWS1) en ЭВС2 (EWS2) in bedryf wat deur die Duitse vervaardiger Siemens Mobility as Velaro RUS-reeks ontwikkel en vir die behoeftes van die Russiese Spoorweë aangepas is. Die treinstelle is die derde generasie hoëspoedtreine wat op basis van die Velaro-platform ontwikkel is en word as Sapsan (Russies: сапсан, "swerfvalk") bemark.

Kenmerkend vir die Sapsan-treinstelle en -waens is die breë bakke wat oorspronklik vir die Velaro CN (CRH3)-reeks ontwerp en vir die Russiese spoorwydte en klimaattoestande aangepas is. Die eerste reeks ЭВС2 is tweestelseltreine vir gelykstroom (3 kV) en wisselstroom (25 kV, 50 Hz), die tweede reeks ЭВС1 is eenstelseltreine wat uitsluitlik vir gelykstroom (3 kV) ontwerp is. Sedert Desember 2009 is agt treinstelle, wat elkeen sitplekke vir 600 passasiers bied, op die treinroete tussen Moskou en Sint Petersburg in bedryf gestel. 'n Bykomende agt eenstelseltreine met tien eenhede elk sal in 2014 in bedryf kom.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Sapsan (kategorie)
TGV Hoëspoedtreine
Acela Express | Aérotrain | AGV | AVE | Eurostar | Eurostar Italia | Flytoget | InterCityExpress | JR-Maglev MLX01 | Magneetsweeftreine | Pendolino | Sapsan |
Shinkansen | TGV | Thalys | Treno Alta Velocità | Transrapid | X 2000