Sasolburg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sasolburg
Ligging van Sasolburg op 'n kaart (Vrystaat)
Sasolburg
Sasolburg
 Sasolburg se ligging in Vrystaat
Koördinate: 26°48′51″S 27°49′43″O Koördinate: 26°48′51″S 27°49′43″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distrik Fezile Dabi
Munisipaliteit Metsimaholo
Stigting 1954
Oppervlak[1]
 - Stad 79,9 km²  (30,8 vk m)
Hoogte 1 500 m (4 921 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Stad 113 038
 - Digtheid 1 415/km² (3 664,8/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 80.8%
 • Kleurling 0.6%
 • Indiër/Asiër 0.3%
 • Blank 18.0%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Sotho 58.0%
 • Afrikaans 18.1%
 • Xhosa 8.1%
 • Zoeloe 5.7%
 • Ander 10.1%
Poskode (straat) 1947
Poskode (posbus) 1947
Skakelkode(s) 016
Webwerf: http://www.sasolburg.net/

Sasolburg is 'n dorp in die Noord-Vrystaat en ook deel van die Vaaldriehoek (wat insluit: Vereeniging, Meyerton en Vanderbijlpark). Die dorp is slegs 5 km suid van die Vaalrivier. Omringende dorpe sluit ook in: Oranjeville, Deneysville, Heilbron, Parys en Vredefort.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1954 gestig om werknemers te huisves van SASOL 1 en ander chemiese nywerhede soos Natref, Karbochem, Safripol en Polifin. Die aanvanklike fokus van die aanleg was op die vervaardiging van vloeibare brandstof uit steenkool, wat maar een van die hoofprodukte was. Die stad is beplan met behulp van moderne stadsbeplanningsbeginsels. Meer as 72 000 bome is aangeplant.

Distrik[wysig]

Die distrik is in 1957 geproklameer en is 1 000 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen. Sasolburg val nou onder die Metsimaholo munisipale gebied. Wat die dorp besonders maak is sy boomrykheid. Dit is die dorp met die meeste eikebome in die land - 26 verskillende spesies - en 'n groot verskeidenheid ander inheemse, sowel as uitheemse boomspesies.

Coalbrook ramp[wysig]

Op 21 Januarie 1960 het Suid-Afrika se grootse mynramp plaasgevind by die Coalbrook steenkoolmyn toe die myn ineengestort en 435 myners gesterwe het.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Sasolburg en Zamdela tydens die 2011-sensus.