Satan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
God en Satan, 'n skildery deur Corrado Giaquinto (Vatikaanse museum).

Satan (ook die duiwel of Lusifer) is 'n gevalle aartsengel in die Christelike en Islamitiese mitologieë wat deur God uit die hemel gewerp is toe hy teen dié in opstand gekom het. Hy is die leier van die rebellerende gevalle engele wat onder sy aanvoering God verlaat het en wat in religieuse kringe as die verpersoonliking van die kwaad gesien word.[1]

Satan is volgens tradisionele Christene, Jode en Moslems nooit gelykwaardig aan God nie. Hulle verwerp dan ook die gedagte dat daar 'n soort tweestryd aan die gang is tussen 'n "mag van die goede" en 'n daarteenoor gestelde "mag van die kwade", wat ewe sterk is. God het, volgens hierdie opvattings, die laaste woord.

'n Groot deel van die populêre, algemeen bekende kenmerke van die duiwel is egter nie deel van die opvattings van huidige popmitologie nie, maar bestaan uit 'n mengsel van ou en nuwe nie-religieuse opvattings.

Verwysings[wysig]

  1. Wie is satan?, Het Zoeklicht, Julie 2006 (nl)
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Die duiwel (kategorie)