Saoedi-Arabië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Saudi-Arabië)
Spring na: navigasie, soek
المملكة العربية السعودية
Al-Mamlaka al-ʻArabiyya as-Saʻūdiyya
Vlag van Landswapen van
(Vlag) (Landswapen)
Nasionale leuse: لا إله إلا الله محمد رسول الله (Arabies)
Lā ilāhā illā-llāhu; muhammadun rasūlu-llāhi
"Daar is geen god behalwe Allah; Moegammat is die Woord van Allah"
Ligging van
Amptelike taal Arabies
Hoofstad Riaad
Grootste stad Riaad
Regering Monargie
Abdullah bin Abdulaziz
'
Oppervlakte
 - Totaal
 - Water (%)

2 149 690 km² (14ste)
klein
Bevolking
 - Soos op 2006 skatting
 - Soos op sensus
 - Digtheid

27 019 7311 (46ste2)

11/km² (205ste)
BBP (PPP)
 - Soos op 2005 totaal
 - Per capita

$314 miljard (27ste)
$16 744 (40ste)
Geldeenheid Riyal (SAR)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC+3)
(nie bemerk nie) (UTC+3)
Volkslied 'Aash Al Maleek
Lank lewe die Koning
Internet TLD .sa
Skakelkode +966
Saoedi-Arabië

Saoedi-Arabië, amptelik die Koninkryk van Saoedi-Arabië (Arabies: المملكة العربية السعودية‎, al-Mamlaka al-ʻArabijja as-Suʻūdijja), is 'n Arabiese land in die Midde-Ooste en Asië en die grootse op die Arabiese skiereiland. Dit word in die noordweste begrens deur Jordanië, deur Irak in die noorde en noordooste, deur Koeweit, Katar, Bahrein, en die VAE in die ooste, Oman in die suidooste, en Jemen in die suide. Die Persiese Golf lê tot die noordooste en die Rooi See tot die weste van die land. Saoedi-Arabië het 'n geraamde bevolking van 27,6 miljoen en die landsoppervlakte strek omtrent 2 150 000 vierkante kilometer. Die hoofstad en grootste stad is Riaad. Die koninkryk word soms na verwys as "Die Land van die Twee Heilige Moskeë", aangesien Mekka en Medina, die twee heiligste plekke in die Islam, in die land geleë is.

Saoedi-Arabië is die wêreld se voorste petroleumuitvoerder. Petroleumhandel dryf die Saoediese ekonomie. Olie verteenwoordig meer as 90% van uitvoere en bykans 75% van regeringsinkomste, wat die skepping van 'n welvaartstaat bemoontlik, wat die regering sukkel om te finansier in tye van laë oliepryse. Saoedi-Arabië word — tesame met Rusland — gereëld na verwys as 'n energie supermag. Menseregtegroepe soos Amnestie Internasionaal en Human Rights Watch het al telkemale kommer uitgespreek oor die stand van menseregte in Saoedi-Arabië, alhoewel die Saoediese regering hierdie besware verwerp het.

Emirate[wysig]

Saoedi-Arabië is in dertien emirate (manatiq, — enkelv. mintaqah) verdeel.[1] . Die emirate is verder in tweedevlak-regerings inverdeel.

Emiraat Hoofstad Kaart
Al Bahah Al Bahah Stad
Noordelike grens 'Ar'ar
Al Jawf Al Jawf Stad
Medina Medina Stad
Al-Qassim Boeraida
Ha'il Ha'il Stad
'Asir Abha
Oostelike Provinsie Ad Dammam
Riaad Riaad Stad
Tabuk Tabuk Stad
Najran Najran Stad
Mekka Mekka Stad
Jizan Jizan Stad

Demografie[wysig]

Demografie van Saoedi-Arabië, FAO-data, (2005); Aantal inwoners (duisende).

Soos op Julie 2006 is die Saoedi-Arabiese bevolking op 27 019 731 geskat, wat 'n geraamde 5,5 miljoen immigrante insluit.[2] Tot en met die 1960's was die meerderheid van die bevolking nomadies, maar huidig is meer as 95% van die bevolking geset as 'n gevolg van vinnige ekonomiese groei en verstedeliking. Nog so onlangs soos die 1950's was die slawebevolking in Saoedi-Arabië nog geraam op 450 000 — omtrent 20% van die bevolking.[3][4] Slawerny is in 1962 amptelik afgeskaf. Die geboortesyfer beloop 29,56 geboortes per 1 000 mense, en die sterftesyfer is 2,62 sterftes per 1 000 mense. Sommige oases het bevolkingsdigthede van meer as 1 000 mense per vierkante kilometer.

Omtrent 23% van die bevolking bestaan uit vreemde burgers, alhoewel hierdie statistiek nie in staatssenci gemeet word nie.[5] Ongeveer 12% van die bevolking is Suid-Asiaats of van Suid-Asiatiese afkoms, insluitende Indiërs, Pakistani's, en Bangladesji's. Daar is ook sommige inwoners van Asiatiese, Noordoos-Afrikaanse, en Sub-Sahariese afkoms. Vele Arabiere uit nabye lande werk in die koninkryk. Daar is meer as agt miljoen trekarbeiders vanuit lande van regoord die wêreld:[6] Indiërs (1,4 miljoen), Bangladesji's (1 miljoen), Filipyne (950 000), Pakistani's (900 000), Egiptenare (900 000), Jemeniërs (80 000), Indonesiërs (500 000), Srilankese (350 000), Soedannese (250 000), Siriërs (100 000), en Turke (80 000).[7] Daar is om en by 100 000 Westerlinge in Saoedi-Arabië, waarvan die meeste in komplekse of sekuriteitskomplekse woon.

Religie[wysig]

Die regsraamwerk van die land maak nie voorsiening vir die praktisering van vryheid van religie nie, en daarom is die openbare volging van nie-Islamitiese religieë verbode. Die regering pas 'n strenge en konserwatiewe weergawe van Soennie Islam toe. Moslems wat nie die amptelike interpretasie van die religie volg nie, kan ernstige nagevolge in die gesig staar ter hande van Mutawwa'in, die land se religieuse polisie.

Om hierdie rede kom die Saoediese kultuur tekort aan die diversiteit van religieuse uitlewing, geboue, jaarlikse feeste en openbare gebeurtenisse wat in lande waar religieuse vryheid toegelaat word, waargeneem kan word.[6] Die aanhang van die Christendom in Saoedi-Arabië is 'n vervolgbare oortreding.

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Saoedi-Arabië (kategorie)


 
Lande van Asië

Afghanistan | Armenië2 | Azerbeidjan1 | Bahrein | Bangladesj | Bhoetan | Broenei | Egipte | Filippyne | Georgië1 | Indië | Indonesië | Irak | Iran | Israel | Japan | Jemen | Jordanië | Kambodja | Kasakstan1 | Katar | Kirgisië | Koeweit | Laos | Libanon | Maledive | Maleisië | Mianmar | Mongolië | Nepal | Noord-Korea | Oesbekistan | Oman | Oos-Timor | Pakistan | Palestina | Rusland1 | Saoedi-Arabië | Singapoer | Siprus2 | Sirië | Volksrepubliek van Sjina (Sjina) | Sri Lanka | Suid-Korea | Tadjikistan | Thailand | Turkmenistan | Turkye1 | Verenigde Arabiese Emirate | Viëtnam

Omstrede gebiede: Abchasië - Nagorno-Karabach - Republiek van Sjina (Taiwan) - Suid-Ossetië - Turkse Republiek van Noord-Siprus

Afhanklike gebiede: Australië: Kerseiland - Kokoseilande | Verenigde Koninkryk: Akrotiri en Dhekelië2 - Britse Indiese Oseaangebied | Volksrepubliek van Sjina: Hongkong - Macau

1. Land deels in Europa. 2. Geografies in Asië, maar gereeld beskou as deel van Europa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings.

Lande van: Afrika Europa Noord-Amerika Oseanië Suid-Amerika