See-goudvissie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
See-goudvissie
'n See-goudvissie, Pseudanthias squamipinnis.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Serranidae
Subfamilie: Anthiinae
Genus: Pseudanthias
Spesie: P. squamipinnis
Binomiale naam
Pseudanthias squamipinnis
(Peters, 1885)

Die See-goudvissie (Pseudanthias squamipinnis) is 'n vis wat voorkom in die tropiese en subtropiese water in die Indiese-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooi See tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Sea goldie.

Voorkoms[wysig]

'n Mannetjie, in Dahab in Egipte afgeneem.

Die kleure van die mannetjie en wyfie verskil. Die wyfie is oranje terwyl die mannetjie meer rooi met 'n goudskynsel is. Die mannetjie se derde stekel van die dorsale vin is verleng en het twee rooi kolle op die pektorale vinne. Die vis word 10 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in skole saam in water wat 10 – 25 m diep is op koraalriwwe. Hulle eet soöplankton en die larwes van skaaldiere. Al die klein vissies word as wyfies gebore en 'n dominante wyfie verander van geslag om die rol as mannetjie aan te neem. Indien die mannetjie iets sou oorkom verander die dominante wyfie van geslag en kleur om as die mannetjie te dien. Die vis is gewild onder akwarium versamelaars.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Eksterne skakel[wysig]