See van Japan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart van die See van Japan
See van Japan
See van Japan

Die See van Japan (Japannees: 日本海 Nihonkai, Russies: Япо́нское мо́ре; Noord-Koreaans: 조선동해 Koreaanse Oossee, Suid-Koreaans: 동해 Oossee) is 'n randsee van die westelike Stille Oseaan wat begrens word deur Japan, Korea en Rusland. Soos die Middellandse See, het dit byna geen getye aangesien dit byna geheel en al deur land omring word.[1]

Geografie van die See[wysig]

Die See van Japan word deur die Russiese vasteland en Sakhalineiland begrens in die noorde, die Koreaanse Skiereiland in die weste, en die Japanse eilande Hokkaidō, Honshū, en Kyūshū in die ooste. Dit word deur vyf vlak seestrate met ander seë verbind: die Straat van Tartary tussen die Asiese vasteland en Sakhalin; La Perouse Straat tussen die eilande Sakhalin en Hokkaidō; die Tsugaru Straat tussen die eilande Hokkaidō en Honshū; die Kanmon Straat tussen die eilande Honshū en Kyūshū; en die Korea Straat (genkainada) tussen die Koreaanse Skiereiland en die eiland Kyūshū. Die Koreaseestraat bestaan uit die Westelike Kanaal en die Tsushima Straat, aan die anderkant van Tsushima Eiland.

Fisiese eienskappe:

  • Diepste punt: 3 742 meter onder seespieël
  • Gemiddelde diepte: 1 753 meter
  • Oppervlak: ongeveer 978 000 vierkantekilometer

Die see het drie belangrike bekkens: die Yamato Bekken in die suidooste; die Japan Bekken in die noorde; en die Tsushima Bekken (Ulleung Bekken) in die suidweste. Die Japan Bekken bevat die diepste dele van die see terwyl die Tsushima Bekken die vlakste del;e bevat Aan die oostelike grens is die vastelandsplat van die see wyd, maar aan die westelike kus, veral langs die Koreaanse kus, is dit nou, gemiddeld ongeveer 30 kilometer wyd. Die Tsushima Warmwaterseestroom, 'n tal van die Kuroshio Seestroom, vloei noordwaarts deur die Koreaseestraat langs die Japanse kus, en die Liman Koueseestroom vloei suidwaarts deur die Straat van Tartary langs die Russiese kus. Die See van Japan was eens op 'n tyd 'n landingeslote see toe die landbrug van Oos-Asië bestaan het.[2]

Die noordelike en suidoostelike dele van die see is ryk viswaters. Die belangrikheid van vissery in dié see word aangedui deur die gebiedsgeskille tussen Suid-korea en Japan oor die Liancourt Rotse. Die see is ook belangrik vir sy mineraal neerslae, veral magnetietsand. Daar word gemeen dat die see ook oor aardgas en olievelde beskik. Die snelle groei van die Oos-Asiese ekonomieë het daartoe gelei dat die see 'n al hoe belangriker kommersiële waterweg geword het.

Naam van die See[wysig]

Kaart van Japan uit 1821 gegraveer deur Kirkwoods en uitgegee deur Waugh & Innes, J.Kirkwood, & Oliver & Boyd en Ogle, Duncan & Co. in die New Edinburgh General Atlas, Edinburgh & London, 1821. Let op die gebruik van die benaming Sea of Japan

Die naam van die waterliggaam is omstrede. Alhoewel See van Japan die naam is wat algemeen deur meeste lande gebruik word, stel Noord-Korea die naam "Oossee van Korea" voor[3] Suid-Korea stel weer die naam "Oossee" voor,[4] of die "See van Korea/Koreaanse See" [5] onderskeidelik of as name wat gelyktydig met "See van Japan" gebruik word. Die Koreane beweer dat die naam See van Japan deur Japan ingevoer is tydens Japanse kolonialisasie van Korea en dat die volgense hulle oeuiert gebruik van Oossee in die tydperk deur Japan uitgeroei is. Hulle wys daarop dat die naam "Sea of Japan" amptelik gemaak is deur die Internasionale Hidrografiese Organisasie in 1929 toe Korea 'n kolonie van Japan was en nie kon beswaar maak aangesien die land nie die vergadering verteenwoordig is nie.[6] Die Japanse reaksie wys daarop dat, gegrond op 'n studie van 200 kaarte van die 16de tot die 20ste eeu, die naam "See van Japan" vir die eerste keer gebruik is in die kaart "Kunyu Wanguo Quantu" wat opgestel is deur 'n Italiaanse sendeling Matteo Ricci in die begin van die 17de eeu. Volgens die studie is verskeie name vir die see gebruik tydens die 17de en 18de eeu, hoofsaaklik aangesien die geografie van die gebied nog selgs vaag bekend was. Nadat Die Franse ontdekkingsreisiger Jean La Pérouse, die Engelse ontdekkingsreisiger William R. Broughton, en die Russiese ontdekkingsreisiger Adam J. von Krusenstern die omgewing behoorlik opgemeet en gekarteer het Europese kaarte die naam "See van Japan" of "Japanse See" akonsekwent negin gebruik en is dit internasionaeel aanvaar. Die Japnners wys verder daarop dat Japan op daardie satdium onder Tokugawa Shogunate se regering 'n beleid van isolasionisme gevolg het en dus skaar enige drekte rol kon speel in die bevordering van die naam.[7]

As gevolg van die Koreaanse veldtogte het sommige Engelse publikasies na die see as Sea of Japan (East Sea) begin verwys.[8][9] Op 27 Augustus 2007 het die Negende Kongres oor die Standardisering van Geografiese name gestem om die naam "See van Japan" (Enegls: Sea of Japan) te behou. F. J. Ormeling, voorsitter van die sessie het gestel dat, "Ek moedig die drie betrokke lande aan om 'n oplossing te vind wat vir alamal aanvaarbaar is, met in agneming van enige relevante oplossings, of andersins om ooreen te kom om van mekaar te verskil en die uitkoms van die besprekinge by die volgende kongres te rapporteer."[10]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
See van Japan (kategorie)
Wiktionary-logo-en.svg Vir woordeboekinligting, sien die bladsy Sea of Japan op WikiWoordeboek