Seekos-allergie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Seekos

Seekos-allergie is 'n tipe voedselallergie. Dit is 'n hipersensitiwiteit vir voedingstowwe (of moontlik allergene) uit skulpvis, skubvis of skaaldiere. Dit veroorsaak dan 'n oorreaksie van die immuunstelsel, wat vir miljoene mense tot ernstige gesondheidsimptome kan lei, insluitend anafilaktiese skok[1][2]. Die Asma- en Allergiestigting van Amerika (AAFA) beraam dat die meerderheid van voedselallergie-pasiënte, kinders en volwassenes is met 'n seekos-allergie[3]. Dit kom hoofsaaklik (maar nie uitsluitlik nie) by volwassenes voor.

Allergiese reaksies kan voorkom wanneer die gevoelige persoon die allergeenstof inneem, òf deur die blootstelling aan dampe wat voortspruit uit kook van seekos, òf selfs slegs voorbereiding of hantering.[4]

Behandeling[wysig]

Seekos-allergieë kan gewoonlik behandel word met 'n uitsluitingsdieet en waaksaamheid om voedsel te vermy wat met skulpvis of vis bestanddele en/of olies besmet is. In ernstige gevalle kan 'n geval van seekos-allergie lei tot 'n anafilaktiese reaksie [5], wat 'n noodgeval is en onmiddellike mediese aandag benodig. Dit word behandel met adrenalien (Am: Epinefrien), wat met 'n EpiPen toegedien kan word.

Verwysings[wysig]

  1. National Institutes of Health, NIAID Allergy Statistics 2005 http://www.niaid.nih.gov/factsheets/allergystat.htm
  2. Asthma and Allergy Foundation of America 2005 http://www.aafa.org/display.cfm?id=9&sub=20&cont=518
  3. “Allergy Facts and Figures,” Asthma and Allergy Foundation of America http://www.aafa.org/display.cfm?id=9&sub=20&cont=518
  4. Seafood* (Fish, Crustaceans and Shellfish) - One of the nine most common food allergens”. Canadian Food Inspection Agency: 2009-06-12. URL besoek op 2009-06-21.
  5. [National Report of the Expert Panel on Food Allergy Research, NIH-NIAID 2003 http://www3.niaid.nih.gov/about/organization/dait/PDF/june30_2003.pdf Food Allergy Research report] 30 Junie 2003
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.