Selatirivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Selatirivier
Ga-Selati River
Monding Olifantsrivier naby Phalaborwa
Stroomgebied Limpopo, Suid-Afrika
Lengte 140 km
Monding-hoogte 297 m
Ligging van Selatirivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Selatirivier
Selatirivier
Koördinate: 24°2′20″S 31°10′20″O Koördinate: 24°2′20″S 31°10′20″O

Die Selatirivier is 'n takrivier van die Olifantsrivier in Limpopo, Suid-Afrika.

Oorsprong[wysig]

Die Selatirivier ontspring op die ruwe westelike hange van die Wolkberge, 'n deel van die Strydpoortberge, omtrent 20 km suidoos van Tzaneen.

Roete en takke[wysig]

Ná sy ontstaan in hierdie hoë reënvalgebied, vloei die rivier meestal ooswaarts vir 140 kilometer, voordat dit by die Olifantsrivier sowat 7 kilometer suid van Phalaborwa aansluit by 24°2′20″S 31°10′20″O .[1]

Die Selatirivier se grootste sytakke is die Ngwabitsi- en Mulatiriviere, beide sluit van regs af aan.[2]

In die droë seisoen is die rivierbeddding van die Selati ook droog vir grootste deel van sy lengte. Die Selatirivier is erg besoedel in sy onderste lope te danke aan die mynbedrywighede op Phalaborwa.[3]

Damme in die bekken[wysig]

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.